Die hersieningsraad vir korrektiewe toesig en parool het die voormalige tenniswêreldkampioen en veroordeelde seksoortreder Bob Hewitt (78) se aansoek om parool hersien en ter syde gestel.
Lees meerAlles vir Vrydag 25 Oktober 2019
4 konstabels vas vir ‘aanranding’ in polisieselle
Vier polisiekonstabels het na bewering twee mans in aanhouding aangerand waarna een van die mans in die selle dood aangetref is.
5 met ongeslypte diamante betrap
Daar is ná ’n deeglike ondersoek op nog tien diamante beslag gelê wat in die voertuig se dieseltenk versteek was.
Rietvlei se leeus grusaam gestroop
WAARSKUWING: Die foto’s in die berig is grafies van aard en mag sensitiewe lesers en kinders ontstel.
Foto’s: Wegholbrande saai verwoesting in Kalifornië
Meer as 50 000 mense is reeds beveel om hulle huise te ontruim nadat wegholbrande sedert Donderdag verwoesting saai in Kalifornië.
‘Sinnelose geweld’ eis lewe van matriekleerder
Die leerder het reeds sy eerste Engelse- en- IsiZulu-vraestelle in die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen afgelê toe hy vanoggend in sy ouerhuis doodgeskiet is.
ToekomsVenster: Lof aan die Koning
Hulle bely dat genade nie vanselfsprekend is nie.
Demoniese kunswerk in skole- ʼn Christelike reaksie
Sulke gevalle laat ʼn mens jou afvra: Hoe behoort Christene te reageer op sulke gebeure en hoogs emosionele inskrywings op sosiale media?
FAK vereer uitnemendheid tydens Prestige-aand
Die Federasie vir Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het tydens sy Prestige-aand, wat op Donderdag 24 Oktober gehou is, individue vereer wat lewenslange bydrae in hul onderskeie beroepsvelde gelewer het.
Welkome reën in Kaapstad, paaie gesluit
Terwyl dit in groot dele in die noorde van die land so warm is dat die kraaie gaap, het dit Donderdagaand en vandag weer oor groot dele van Kaapstad gesous.
Matrieks ‘paniekerig’ toe antwoordstelle tydens wiskunde opraak
Sommige eksamenlokale het te min antwoordblaaie gehad toe matrikulante Vrydagoggend hul eerste Wiskunde-vraestel in vanjaar se matriekeksamen geskryf het.
Drie beseer toe helikopter neerstort
’n Helikopter met drie insittendes het Vrydagmiddag in Sinoville in Pretoria neergestort.
SA universiteite se finansiële posisie bestendig
StatsSA het bevind salarisse bly universiteite se grootste uitgawes.
DA maak verkiesingsdatum bekend
Die DA sal na verwagting Dinsdag ʼn nuwe parlementêre leier en ʼn nuwe parlementêre hoofsweep kry.
SA minister nou ook AU-komiteevoorsitter oor landbou
In haar intreerede het Didiza toegegee dat ʼn enorme taak voorlê.
Redakteursbrief: Anker jou kinders
Diep in die Bosveld speel-speel ons die koel grasdak-villa is ons eintlike huis. Ons speel-speel ‘n kamma-bestaan waar dit veilig is vir ons seunskind om alleen van die dam af koers te kies deur die veld huis toe, gewapen met sy knipmes.
VW se nuwe Golf kom in 2020
Dit is die agtste, en waarskynlik die finale Golf in sy huidige binnebrand-vorm.
Polisie se selfoon-app moet misdaad help bestry
Die bekendstelling van die app val saam met die aanvang van die polisie se feestyd-misdaadbekampingsoperasies.
Grafiek: Verbruikersprysinflasie vir September 2019
Statistieke Suid-Afrika het vandeesweek die jongste verbruikersprysinflasiesyfers bekendgemaak. Verbruikerspryse het met 4,1% in September 2019 gestyg. Dit is laer as die styging van 4,3% in Augustus.
Byna 80 dié week in taxi-ongelukke beseer
Altesaam 79 mense is vandeesweek in ses taxi-ongelukke in verskeie provinsies beseer.