Hier kom die Bokke!
Alles vir Vrydag 1 November 2019
Kies ʼn mediese fonds met unieke voordele
Die lewe is onvoorspelbaar, en jou omstandighede kan binne ’n oogwink verander. Hoe aanpasbaar is jóú mediese fonds wanneer jou lewensomstandighede verander of jou gesin groei?
Minder voëls, vis in Langebaan-meer
Die aantal pikkewyne, Kaapse malgas en verskeie waadvoëlspesies in die Langebaan-strandmeer het die afgelope jare dramaties afgeneem en is tans die laagste wat dit nóg was.
Leuenverklikkertoetse ná Mantashe sê hy koop joernaliste om
“Minister Mantashe het die volgende bevestig: dat hy die stelling gemaak het dat hy joernaliste omgekoop het en dat die stellings waarop hy in Sunday World aangehaal is, korrek was.”
Ramaphosa ‘vaag, ontwykend’ oor hulp aan boere
Pres. Cyril Ramaphosa se antwoord op ‘n vraag oor hulp aan die boerderysektor, het nie veel vertroue ingeboesem nie, sê die VF Plus.
Dié 3 gooi name in DA-hoed
Die tydperk vir benoemings vir voorsitter en dié van tussentydse federale leier het nou gesluit.
Gedagte vir die dag: Vou oop
Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek (2 Tim. 3:16)