Die Suid-Afrikaanse rugbyspan het Sondag met ʼn rits pryse by die Wêreldrugby-toekenningsgeleentheid weggeloop.
Lees meerAlles vir Sondag 3 November 2019
Departement waarsku leerders oor Guy Fawkes
Die Wes-Kaapse departement van onderwys het leerders gewaarsku dat onverantwoordelike optrede tydens vanjaar se Guy Fawkes-viering nie geduld sal word nie.
Plaasaanval naby Nelspruit: Aanvaller doodgeskiet
ʼn Bejaarde paar en hul seun is Sondagoggend vroeg op hul plaas naby Witrivier buite Nelspruit, Mpumalanga, met pangas en ʼn byl aangeval.
Bobby van Jaarsveld nie vanjaar op Afrikaans is Groot-verhoog
Bobby van Jaarsveld het dié slegte nuus Saterdag op Facebook gedeel.
Onbetaalde werkers oorstroom hospitaalvleuel
Opknappingswerk aan die psigiatriese vleuel van ‘n hospitaal in Johannesburg is wéér uitgestel.
Bokke spoor Binder tot Moto2-sege aan
Brad Binder, die 24-jarige Suid-Afrikaanse motorfietsrenjaer, het Sondagoggend in Sepeng die kroon op Suid-Afrika se goue naweek gespan toe hy die Maleisiese Moto2 Grand Prix gewen het.
Staatsgeld betaal vir Swazi-koning se peperduur vuurwaens
Koning Mswati III van eSwatini het die wenkbroue laat lig toe hy homself en sy hele harem “geseën het” met Rolls Royce-motors ter waarde van meer as R200 miljoen.
Bok-ondersteuners só opgewonde, Amerikaanse polisie daag op
Suid-Afrikaanse emigrante in die VSA was só opgewonde toe die Bokke Saterdag wen dat die polisie hulle amper in hegtenis geneem het.
Gauteng bestee miljoene aan ongeakkrediteerde opleiding
Die Gautengse departement van maatskaplike werk het meer as R51 miljoen verkwansel aan opleiding wat nie geakkrediteer is nie.
Rassie: Bokke wou hoop skep met Wêreldbeker
“In Suid-Afrika is daar baie probleme wat druk veroorsaak en rugby behoort nie een daarvan te wes nie. Dit behoort vir mense hoop te gee.”
6 mense beseer in verskeie ongelukke
Verskeie mense is beseer in drie afsonderlike ongelukke wat ná gister se Wêreldbeker-rugbyeindstryd plaasgevind het.
Man twee keer lewenslank gevonnis vir moord, verkragting
ʼn Gevangene van die Goedemoed-gevangenis in die Vrystaat is tot twee keer lewenslank gevonnis nadat hy ʼn bewaarder vermoor en ʼn ander verkrag het.
Gedagte vir die dag: Van die bekende paaie tot in die moeras
In God, wie se woord ek prys, in God is my vertroue; ek sal nie vrees nie. Wat kan mense aan my doen? (Psalm 56:5)