Dis Opera, die bekende RSG-program wat sedert 2010 deur Wouter de Wet aangebied word, slaan op 17 November ʼn nuwe koers in.
Alles vir Vrydag 8 November 2019
Video: Elvis Blue en Snotkop skerts in nuwe musiekvideo
“Ek het vir hom [Snotkop] ʼn pruik gemaak, en hy was vir ʼn dag Elvis Blue. Ek was vir ʼn dag van my lewe Snotkop! Dit is ongelooflik lekker om Snotkop te wees.”
Gʼn water, gʼn krag en gʼn Gautrein
Die Gautrein moes Vrydag sommige dienste opskort weens ‘n kragonderbreking in dele van Johannesburg. Duisende inwoners van Pretoria het sonder water gesit én beurtkrag is in werking gestel.
Nuuskommentaar: Boere stel visiere in op grondgryp sonder vergoeding
Die regering en vennote bly die “reset”-knoppie druk om reeds bewese leuens af te stof en as die waarheid op te dis – die boere word steeds as kwaadwillig voorgehou en ’n narratief gevoed wat van die land se landbouers die varke in die verhaal maak.
Lesersindruk: Blinde gode deur Dibi Breytenbach
Blinde gode is Dibi Breytenbach se vyfde boek en ʼn opvolg van haar boek Dowe gode.
Boek: Gaan Suid-Afrika oukei wees?
In Suid-Afrika, so word gesê, gebeur die beste en die slegste nooit nie. Maar hoe weet ons die land gaan nie dié keer oor die afgrond tuimel nie?
Kêrel in hof oor moord op ma, 2 kinders
Die ma en haar twee kinders se liggame is Donderdag gevind nadat hulle op 1 November as vermis aangemeld is.
Meer as 100 olifante vrek weens Botswana-droogte
“Groot dele van Angola, Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe het hulle laagste algehele reënval sedert 1981 ontvang.”
Bokondersteuners uit Soweto-stadion gesluit
Bokondersteuners van Soweto was woedend toe hulle buite die hekke van die stadion moes staan terwyl Herman Mashaba en Orlando Pirates die Bokke binne die stadion ontmoet het.
Gedagte vir die dag: ’n Ander geldeenheid
Vroeër was hierdie dinge ook deel van julle leefstyl. Maar nou moet julle ook nog van al die volgende ontslae raak: kwaad wees, woedebuie, gemeenheid, gevloek. Vuil taal moenie uit julle mond kom nie (Kolossense 3:7-8)