“Daar is niks in Suid-Afrika verkeerd wat ons nie kan regmaak met dit wat reg is nie. Ons hét dit!” sê Natasha Mazzone, wat nou as die Demokratiese Alliansie se hoofsweep aangewys is.
Alles vir Dinsdag 12 November 2019
LUR kap verbete terug oor huurmotor
Mshengu beweer hy het toe aangebied om sy private motor te gebruik, maar is aangeraai om dit nie te doen nie aangesien dit die departement glo meer geld sou kos.
Soektog duur voort na tienerseun in see
Die soektog na ʼn tienerseun wat sedert Sondagmiddag in die see in die Strandfontein-gebied in Valsbaai vermis word, duur voort.
Oud-sportafrigter in hof vir seksuele aanranding
Die man se regspan het vroeër aan die direkteur van openbare vervolging geskryf en gevra dat die besluit om hom te vervolg, hersien word.
Nuuskommentaar: Trump se staat van beskuldiging – van môre af tuit die ore
Die vraag bestaan egter ook of Trump se toekoms nie elders bepaal kan word nie.
Resep: Thaise roerbraai
ʼn Heerlike vegetariese gereg of bykos.
Vandag se sportnuus
Gatland sê dadelik nee vir All Blacks.
Kolisi bedank Suid-Afrikaners vir ‘beste week van sy lewe’
“Die viering in Tokio met pres. Cyril Ramaphosa, min. Nathi Mthethwa en prins Harry was baie spesiaal, maar niks kon ons voorberei op wat hier in Suid-Afrika sou wag nie.”
Sitole betwis koerantberig oor Senzo Meyiwa
Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het ʼn berig betwis wat die Sunday Independent geplaas het rakende die moord op die sokkerspeler Senzo Meyiwa.
Sekuriteitswag gewond in skietery met Zama Zamas
ʼn Sekuriteitswag is gewond gedurende ʼn skietery tussen die polisie en onwettige mynwerkers by ʼn myn buite Orkney.
Gedagte vir die dag: Waar, ongeag
Alles wat U sê, is betroubaar; u regverdige bepalings is vir altyd (Psalm 119:160)