“Ek voel soveel meer geseënd as wat ek verdien.”
Alles vir Donderdag 14 November 2019
Druk op Mantashe oor omkoop-bewerings neem toe
Al hoe meer druk word op minister Gwede Mantashe geplaas, nadat hy vroeër beweer het hy het verslaggewers omgekoop om ʼn berig oor sy beweerde verhouding met ʼn Pretoriase student stil te hou.
Die huwelik verg dapperheid
Staan jy binnekort op trou? Weet jy werklik hóé groot is die besluit wat jy gaan neem? As jy die bewerasies het, goed so. Want trou verg dapperheid. En om getroud te bly, selfs méér dapperheid…
Vandag se sportnuus
Morris baljaar, AB-hulle kry weer nie kans nie.
Rebel-netbal herleef op die Kaapse Vlakte
Maar wanneer jy inwoners vra wat mens eintlik kort om Rebel-netbal moontlik te maak, antwoord hulle soos een: “ʼn Gemeenskap.”
Liedjie wil dankbaarheid, hoop by diabete aanwakker
Die voelgoed-liedjie is nie uitgereik om simpatie se soek vir mense wat met diabetes leef nie, maar eerder om inspirasie te bring vir mense wat daarmee leef.
Toeris sterf ná kameelperd op voertuig val
“Ons doen dus ʼn beroep op mense om nie oor die voorval te spekuleer nie en die reg sy gang te laat gaan.”
NSFAS bestee miljarde aan onreëlmatige uitgawes
Verskeie faktore het tot die onreëlmatige uitgawes bygedra, waaronder oorbetalings aan studente, verskuiwing van geoormerkte fondse en verkeerde uitbetalings.
SAL kanselleer byna alle vlugte
“Ons plaas ons kliënte eerste en betreur die onvermydelike ongerief wat hierdie kansellasies vir ons kliënte kan veroorsaak.”
Gedagte vir die dag: Stap goed weg
Laat dit vir julle ’n saak van eer wees om rustig te lewe, met julle eie sake besig te wees en met julle eie hande te werk. Hierdie riglyne het ons al vroeër aan julle gegee sodat die buitestanders agting vir julle leefstyl sal kry, en julle in geen opsig gebrek sal ly nie (1 Tessalonisense 4:11-12)