Bulls het ʼn goeie slag met Steyn geslaan.
Lees meerAlles vir Saterdag 16 November 2019
Ses vas ure ná vrou se moord tydens kaping
Ses persone is in hegtenis geneem ure ná ʼn vrou Vrydagoggend by ʼn verkeerslig in Bramley, Johannesburg, gekaap en doodgeskiet is.
Vandalisme van Prasa-infrastruktuur ‘buite beheer’
Misdadigers het vandeesweek landswyd treinstasies en die infrastruktuur van die Passasierspooragentskap (Prasa) aangeval ná die kontrakte van 20 privaat veiligheidsmaatskappye op 31 Oktober 2019 beëindig is.
Minister moet ingryp by MRK, sê Afrikanerbond
Die Afrikanerbond het die minister van justisie Donderdag versoek om dringend in te gryp om die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) “van homself te red”.
Jawoord tussen die golwe
ʼn Man het saam met sy meisie branderplank gery toe hy skielik gekniel en die jawoord gevra het.
Limpopo-munisipaliteit gee groen lig vir NGV
Die oorgrote meerderheid van mense van die Thulamela- plaaslike munisipaliteit in Limpopo het die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering (NGV) verwelkom.
Bloodhound LSR haal meer as 1 000 km/h
ʼn Supersoniese motor van die Bloodhound-landspoedrekordspan het Saterdag 1 010 km/h gehaal.
Solidariteit en sy lede bly werk te midde van SAL-chaos
Solidariteit het bevestig dat sy lede ten spyte van onstuimigheid voortgaan om vir werk by die Suid Afrikaanse Lugdiens (SAL) aan te meld.
Waterkrisis: Geen hoeveelheid reën sal SA red
Die land se waterkrisis kan nié bloot voor die deur van die voortslepende droogte gelê word soos talle dink nie, sê kenners.
Wêreldrekordpoging: Bo in ʼn vaatjie vir liefdadigheid
Vernon Kruger het as 29-jarige in 1997 altesaam 67 dae lank in ʼn 500 liter-wynvaatjie deurgebring wat op ʼn paal vasgemaak is in Dullstroom, Mpumalanga. Hy gaan nou poog om sy eie rekord te verbeter.
Tienerverdagte in Kalifornië-skoolskietery sterf
Die seun het Donderdag, op sy 16de verjaarsdag, op sy medeskoliere losgebrand.
SAL-staking: Droomvakansie word ʼn nagmerrie
Dit was veronderstel om ʼn lekker vakansie te wees vir ʼn ma van Mauritius, maar nou het sy al meer geld spandeer as wat sy wou en sy het baie emosionele druk beleef weens die staking by die SAL.
Miljoene vir Cullinan-diamant betaal
ʼn Seldsame blou diamant van 20.08 karaat wat by Petra Diamonds Cullinan-myn in die ooste van Pretoria gevind is, is vir miljoene verkoop.
Geen beurtkrag oor die naweek verwag nie, sê Eskom
Alhoewel die kragnetwerk onder druk bly, sal daar na verwagting geen beurtkrag oor die naweek ingestel word nie, het Eskom gesê.
Noordwes-daggaboer weer terug in die hof
Russel de Beer (48), ʼn daggaboer wat daarvan beskuldig word dat hy handel gedryf het met dagga ter waarde van meer as R3 miljoen, het Vrydag in die Brits-landdroshof verskyn.
Platinumvervaardigers, vakbonde teken driejaarooreenkoms
Platinumvervaardigers het Vrydag gesê ʼn driejaarloonooreenkoms is met die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) in die platinumbedryf onderteken.
Byna geen ANC-kaders nog oor VBS-debakel afgedank nie
ANC-beheerde munisipaliteite wat groot bedrae geld verloor het deur die ineenstorting van die VBS Bank het nog byna niemand aan die pen laat ry vir die reuseverliese wat in Gauteng, Limpopo en Noordwes gely is nie.
Gedagte vir die dag: Elke dag genade vir die toekoms
Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut (Klaagliedere 3:23)