Die NVG meen Coert Kruger se vonnis is “skokkend onvanpas”.
Alles vir Vrydag 22 November 2019
Noord-Kaap-droogte: Boere op hul knieë om kinders in skole te hou
Die droogtekrisis in die Noord-Kaap het so toegeneem dat verskeie boere dit nie meer kan bekostig om hul kinders op skool te hou nie. Dit is veral vervoer-, skool- en koshuisgelde wat ouers nie meer kan bybring nie.
DA sê jammer oor “Schweizer-Reneke-voorval”
“Ja, ons het foute gemaak en moes stemme afstaan daarvoor, maar ons is bereid om dinge reg te stel,” sê die DA oor Schweizer-Reneke.
Gewese lugmag-man, onderwyser nou voorslag-atletiekafrigter
Centurion-onderwyser is Gauteng-Noord se beste: “Hoewel my tyd in die lugmag wonderlik was, weet ek dat atletiekafrigting my skeppingsdoel is.”
Die wêreld in foto’s – 22 November 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Afdanking van Eskom-man onwettig
“Dempers en sy medewerknemers by staatsinstellings is onder beleg.”
Reserwebank te konserwatief, meen kenner
Met beter inflasievooruitsigte was dit nou die regte tyd om repokoerse laer aan te pas.
SEB: ʼn mislukkende fantasie
Hierdie tipe beleid, van beide voor en ná 1994, is die oorsaak van Suid-Afrika se onvermoë om vooruitgang te maak, skryf Gerhard Papenfus.
Ingrypende besluit oor drank in Matie-koshuise
“Die bepalings in die koshuisreëls wat tans toestemming tot verbruik van alkohol reël, het probleme begin veroorsaak.”
Bakhand of helpende hand?
Ons reken dis makliker en vinniger om net ’n vis aan iemand te gee, as om die persoon in staat te stel om ’n visstok te koop of te maak en die persoon dan te leer hoe om sy eie vis te vang. Ten alle koste moet ons dit vermy om aan behoeftiges iets te voorsien wat hulle vir hulself kan (of kon) voorsien.
Matriekleerder kyk vorentoe nadat sy amper been verloor
“Ek het nooit gedink dat ek ooit weer sal kan loop nie; hulle het gedink hulle gaan my been moet amputeer.”
Mensehandel floreer weens korrupsie
“Korrupsie skep ’n kultuur waarin mensehandel floreer. Dit is juis waarom Suid-Afrika tans ’n sagte teiken is vir sindikate wat in ‘n hedendaagse soort slawerny handeldryf.”
Dodelike hondegevegte op Kaapse Vlakte neem toe
“Om na [videobewyse van] hondegevegte te kyk is vir enige diereliefhebber bitter moeilik om te doen, maar jong kinders kyk daarna vir vermaak….”
Miljardêr-sakeman vat Trump aan in verkiesing
ʼn Miljardêr en voormalige burgemeester van New York gaan as die Demokratiese presidentskandidaat aan die 2020-presidentsverkiesing in die VSA deelneem.
Federer, Nadal se Afrika-safari regstreeks op SuperSport
Daar is darem goeie nuus vir betaalkanaal-intekenaars wat nie kaartjies gekry het nie.
Salarisse van staatslui verdriedubbel
Die VF Plus het dié skrikwekkende somme gemaak om vas te stel hoeveel van belastingbetalers se geld aan staatsamptenare se salarisse gaan.
Nuuskommentaar: Ramp nie ‘gestuit’ maar vererger – Ram(a)p(hosa) se prestasiekassie krimp
Is Ramaphosa laks om op al die fronte van ekonomiese selfmoord wal te gooi – inteendeel, nog petrol op die vlamme te gooi met onteiening sonder vergoeding?
Vandag se sportnuus
Wayde van Niekerk in SA se Olimpiese oefengroep.
Resep: Kerrietjops
“Die belangrikste van die resep is dat die vleis lank genoeg marineer en dat die kole waarop jy dit braai, lekker warm is!”
Verbruikersake: Kyk na jou beursie op Swart Vrydag
Swart Vrydag is nog meer as ’n week ver, maar ons word reeds gebombardeer met spesiale aanbiedings van winkels. Ina Opperman verduidelik hoe jy die beste uit Swart Vrydag kan kry en waarvoor jy moet ligloop.