Die SABS het vandag in die parlement verslag gedoen aan die portefeuljekomitee vir handel en nywerheid oor sy omkeerstrategie.
Lees meerAlles vir Dinsdag 26 November 2019
Departement gaan nou opdok vir Giyani-projek
Volgens die departement het hy geen ander keuse gehad as om ʼn oplossing te vind vir die uitgerekte geding wat bouwerk aan die projek ophou nie.
ANC-koukuslede kasty Gordhan, Mantashe
Mantashe en Gordhan het vervolgens die beleid oor die SAL uiteengesit wat hulle, soos die president en die minister van finansies, Tito Mboweni, die afgelope tyd verkondig en toepas.
Tshwane se eerste burger op spesiale verlof geplaas
Die DA sê in ʼn verklaring dat hy die ernstige klagte teen die twee politici met omsigtigheid hanteer.
DA kap na ANC oor R12 miljard-belastingverhoging
“Is dit billik? Nee, dit is nie. En dit is ook nie eties verdedigbaar nie.”
Binnelandse sake maak planne teen lang rye
Die departement van binnelandse sake het planne voorgelê om die lang rye waaraan die publiek by die departement se kantore onderwerp word, korter te maak en die wagtyd te verminder.
Peuter sterf in KZN-skietery
Die voertuig, met verskeie koeëlgate in, het in die middel van die pad gestaan.
ToekomsVenster: Waar is jou fokus?
Waar is jou fokus? Wat maak jou opgewonde? Tel musiek, familie, hoop, geloof, reën, dankbaarheid daaronder?
SA kruidenierswinkels trek ʼn groener baadjie aan
Verbruikerstendense vorm die winkels van die toekoms.
NGV: Solidariteit ‘reg met hofstukke’
Deskundige verslae wys die NGV sál misluk.
Medupi volgende jaar ‘ten volle operasioneel’
Suid-Afrika is dalk die grootste kragopwekker op die vasteland, maar dit het teen ʼn enorme finansiële koste gekom.
Standbeeld van miljoene gaar stof op in stoor
Weens ʼn twis tussen die nasionale en plaaslike ANC is die bekendstelling van die standbeeld oënskynlik onbepaald uitgestel.
Stella-moorde: ‘Xander wou hê dat Sharnelle selfmoord pleeg’
Die hof het Dinsdag gehoor van telefoongesprekke wat Xander Bylsma en ʼn vriendin gehad het, enkele dae voor die moorde in Stella.
Pensionarisse moet opskud vir belastingkortings
Kaapse pensionarisse se aansoeke om belastingkortings sluit binnekort.
Begrotingstekorte strem bouwerk by skole
“Die nasionale regering hou aan om miljarde rande se reddingsboeie aan Eskom, die Suid-Afrikaanse Lugdiens en Denel te gee, terwyl hy eintlik miljarde aan onderwys moet bestee.”
Suid-Afrika se krisis net so groot soos Eskom sʼn
Mens moet egter wonder tot watter mate hierdie dalk wensdenkery aan Ramaphosa se kant is – nie net oor Eskom nie, maar ook oor Suid-Afrika as geheel.
Capital Singers: Duisend stemme sing saam met bekendes
Die spreekwoord lui wel dat daar niks nuuts onder die son is nie, maar in Pretoria skitter ʼn trotse wêreld-eerste op die horison – die Capital Singers se feesprogram in die Sun Arena Time Square getiteld Noël.
Voormalige SAID-hoof in hof oor aanranding
Tom Moyane, voormalige SAID-hoof, het vandag vir die eerste keer in die hof verskyn in die private vervolgingsaak teen hom.
Lewensdossier van speurbaas ontvou in nuwe boek
In Suiker Britz: Dossier van ʼn speurbaas onderneem Anemari Jansen en Stefaans Coetzee om ʼn beeld van die man agter die legende te kry deur die kollig op sake waarby hy betrokke was te laat val.
Hongersnood eis vyf terwyl koning motors koop
Een uit vyf mense wat in landelike gebiede in eSwatini woon, ervaar erge voedseltekorte.