Die veldtog in aanloop tot die verkiesing word gekenmerk deur politieke uiterstes, wantroue in kandidate, oordrewe en onuitvoerbare beloftes deur partye en die omstrede uitsprake van kandidate wat vir die meeste partye die een verleentheid ná die ander skep.
Alles vir Dinsdag 26 November 2019
StopHonger-stafie meer as net voedsaam
Afrikaans is Groot-konsertgangers kon ’n voorsmakie van die stafies kry en dit is soos soetkoek opgeraap. Selfs bekendes soos Steve Hofmeyr en Armand Aucamp was gaande daaroor.
Appèlsaak oor Unisa-taalbeleid Woensdag in hof
“AfriForum sal enige stappe doen ter beskerming en handhawing van Afrikaanssprekende studente se reg om in hul moedertaal te studeer.”
Pa in hoewe-aanval buite PE gewond
Die geloei van die alarm het die aanvallers vermoedelik verwilder.
Nuuskommentaar: Dis neusie verby as hoofstede se ligte gedoof word
Uit ’n lesing deur pres. Cyril Ramaphosa blyk dit dat hy weet waar die probleme lê, maar steeds probeer om transformasie vinniger as ekonomiese groei te bevorder, wat die land enorme skade berokken.
Drie lekkerlees romans
Dié drie romans vir volwassenes beloof ure se lekkerlees vermaak. As leser lag én huil jy saam met die vroue-karakters en vier jy hulle unieke menswees.
Seuntjie hoor vir die eerste keer sy mamma se stem
ʼn Kogleêre operasie is deur die welwillendheid van dokters by Netcare Greenacres uitgevoer.
Engelse blitsbouler loop onder rassistiese kommentaar deur
ʼn Nieu-Seelandse krieketondersteuner kan nou tot lewenslank verbied word om wedstryde by te woon.
Hofsaak oor grond in Seepunt begin
Aktiviste weier dat ʼn stuk grond in Kaapstad aan ʼn private skool verkoop word.
Liggaam van nog twee tieners uit see gehaal
Die polisie soek nog na een van die vier tieners wat Sondag in die see in Seepunt vermis geraak het.
Uitdrukking: Dik vriende wees
Waar kom ons aan die uitdrukking “hulle is dik vriende”? Taaltoffie stel ondersoek in
Luister: ‘Wiele2Wiele’ raak nostalgies saam met renjaers
Wiele2Wiele raak hierdie week nostalgies saam met van die renjaers en hul eie Kyalami-stories. Ons rits rond met die Renault Kwid, gesels oor die nuwe Lexus RX en Ironman 4 x 4 gee raad oor die moets en moenies van 4 x 4-herwinning.
Prokureur gevonnis oor onwettige praktisering, diefstal
’n “Prokureur” van Witbank het glo derduisende rande van kliënte gesteel.
Ma gewond toe aanvaller deur huisvenster losbrand
Die ma van twee het oënskynlik opgestaan om te kyk hoekom die honde blaf.
Vrou se handtruuk laat mense kopkrap
ʼn Optiese illusie sal jou dalk ook – soos sosialemediagebruikers wêreldwyd, laat kopkrap.
Resep: Souskluitjies
Kaneel, appelkooskonfyt en romerige sago, wat is dan beter?
Snotkop is ‘pens en pootjies’ op die Top-20
Dié gewilde Afrikaanse sanger maak drie keer sy verskyning in vandeesweek se Top-20.
Vandag se sportnuus
Kolbe is Top-14 se beste speler.
Vermy die slaggat van impulsiewe aankope
Met Swart Vrydag om die draai moet SA’ners hulle voorberei om nie te oorbestee nie.
Babasterftes in Pretoria-hospitaal neem skerp toe
Die skerp toename in die persentasie babasterftes in die neonatale hoërsorgeenheid is skokkend, sê die DA.