Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasaanval in die Vrystaat.
Alles vir die maand Desember 2019
Op hiérdie dag is ’n saadjie geplant…
Dis nie waar dat niks in ons land verander het ná die Bokke se Wêreldbeker-sege nie. Al sê wie, wát.
Duiker verdrink by Bettysbaai
Twee vriende het saam vir kreef gaan duik, waarna een van hulle uit die water is.
Belangstelling in Saldanha Staal kan dalk werksgeleenthede red
Kenners het reeds gemaan die invloed van die sluiting op werkloosheid gaan veel verder strek as bloot net die werknemers van ArcelorMittal wat afgedank word.
‘Radikale herstrukturering’ by SAL beoog
Die staking deur twee vakbonde het die SAL se reputasie boonop enorme verdere skade berokken en die redery net dieper in die skuld gedompel.
Gedagte vir die dag: Wat God deur jou kan doen
Julle moet in My bly en Ek in julle. ’n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. (Johannes 15:4)
Nuusspan tydens byeenkoms beroof
ʼn Nuusspan van Newzroom Afrika is Sondag by ʼn Wêreldvigsdag-byeenkoms in Khayelitsha in Kaapstad beroof.
30 vas oor drank, spoed aan Oos-Rand
ʼn 31-jarige man is ook op die N12 in hegtenis geneem wat glo teen 198 km/h op sy motorfiets gery het.
Aboe Dhabi-Grand Prix: Hamilton het (steeds) nie sy gelyke
Daar lê maande se harde werk en kopkrap vir die teenstanders van Mercedes se Formule Een-renspan voor.
Larrazábal blaas toe nié die aftog op Leopard Creek
Binne minute was sy drome daarmee heen terwyl die Spanjaard die rieldans kon begin uitvoer.
Klip deur ruit tref vrou in gesig
Karla Etzebeth was Saterdag in die vroeë oggendure op pad huis toe van die werk af.
Proteas vandag in volle blom, maar Rose lag laaste
Nadat die Engelse Rose veel sterker as die Proteas in veral die doodsnikke van ’n naelbytstryd vertoon het, het die Suid-Afrikaanse netbalspelers vandag vir die volle 60 minute gespeel om uiteindelik die laaste toetswedstryd met 54-48 te wen.
Video: 12 tweelinge in een week in hospitaal gebore
Die tweelinge is almal vyf tot 14 weke vroeg gebore.
Ramaphosa onderteken omstrede wetsontwerp
Pres. Cyril Ramaphosa het hierdie week ʼn omstrede wetsontwerp onderteken wat onverkose tradisionele leiers se omvattende feodale magte oor 18 miljoen Suid-Afrikaners omvattend uitbrei en elke belastingbetaler heelwat gaan kos.
Man, vrou sterf: ‘Ek het ʼn gil en toe ʼn slag gehoor’
“Hy het nie eers een keer gelyk of hy berou toon nie.”
Hawies kry toe Cheetah-sege vóór Kersfees
Cheetahs klop die Ospreys met vyf punte, Kings veg moedig teen Connacht.
Laurika Rauch: ‘Die musiek-ma van ons menswees’
Die sangeres is Saterdagaand tydens die voorlaaste Afrikaans is Groot-konsert ingesluit in die Suid-Afrikaanse Heldesaal (Hall of Fame).
De Villiers, Van der Merwe skitter vir Spartans
AB slaan blitsige vyftigtal in 300ste T20-wedstryd.
‘Verwyder Bongo uit ampte,’ sê ANC-komitee
Bongo is tans voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake en is ʼn lid van die NUK.
‘Terreur-komplot’: Nóg drie vas
Die Valke het nog drie verdagtes in hegtenis geneem in verband met ʼn beweerde terreur-komplot om nasionale sleutelpunte, winkelsentrums en informele nedersettings aan te val.