Die voertuig het in die teenoorgestelde baan ingeswaai en verskeie kere gerol.
Lees meerAlles vir Sondag 5 Januarie 2020
Skikking bereik ná ouma in hospitaal aan stoel vasgebind is
’n Video is in Mei verlede jaar op sosiale media versprei waarin gesien kan word hoe die 76-jarige Martha op die vloer spartel terwyl sy aan ’n stoel in die Mamelodi-hospitaal vasgemaak is.
Avbob-digkunsprojek lewer rekordgetal inskrywings
Altesaam 30 573 gedigte is deur 5 807 digters ingeskryf vir Avbob se derde poësiekompetisie.
Matriekuitslae: Ondersteuningsentrum oop vir matrieks
Die matriekuitslae gaan dikwels gepaard met depressie en selfmoordneigings onder matrieks.
Meer as 200 buitelanders in Limpopo vas oor feestyd
Altesaam 54 buitelanders is sonder dokumentasie op Oujaarsdag gedurende ʼn padblokkade op die N1 suid van Polokwane betrap.
Seun (10) verdrink in spruit
Die seun se liggaam is vanoggend gevind nadat hy Saterdag onder die water in ’n spruit verdwyn het.
Boek: Die avonture van Kuifie
Die avonture van Kuifie is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr.
Engeland het die hef in die hand op Nuweland
Proteas sit met ’n agterstand van 46 lopies ná hul eerste beurt, terwyl’n ophef oor Bavuma se weglating gemaak word.
6 toeriste by ski-oord dood toe motor hul tref
Die bestuurder van die motor se bloedalkoholvlak het die voorgeskrewe perk oorskry en hy is in hegtenis geneem.
24 treinwaens aan die brand gesteek
Dié waens is sowat R4 miljoen stuk werd.
Trump dreig om Iran ‘harder’ as vantevore te slaan
Dit volg nadat vuurpyle Saterdagaand naby die Amerikaanse ambassade in Bagdad in Irak ontplof het.
Australië: $20 miljoen binne 48 uur ingesamel
’n Miljard diere kan moontlik in die verwoestende brande omkom, talle selfs ná die brande geblus is, sê die Wêreldnatuurlewefonds.
Direksielid van WP Atletiek vermis
Barnes het nooit vir die atletiekbyeenkoms wat hy georganiseer het, opgedaag nie.
Serwië plant die uitklop-kishou teen Suid-Afrika
Anderson en Harris vertoon egter goed in hul enkelspelwedstryde.
ANC veroordeel aanval op Iranse bevelvoerder
“Die ANC verwerp regse en populisties-geleide eensydigheid wat kollektiewe wêreldwye besluitneming ondermyn,” sê Ace Magashule.
Beurtkrag duur voort
Eskom het Sondagoggend gesê fase 2-beurtkrag sal tot Maandagoggend voortduur.
Nagmerriebegin vir Cheetahs, Kings
Suid-Afrikaanse spanne verlaat Pro14-velde rooi in die gesig.
Gedagte vir die dag: Anders
Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het … (Efesiërs 4:22)