Absa se nuwe hoof is ʼn voormalige adjunkpresident van die Reserwebank.
Alles vir Maandag 6 Januarie 2020
Spotprentkunstenaar ná herrie: ‘Ek staan by my beginsels’
“Dit is duidelik dat daar ʼn georkestreerde poging deur aanlyn trolle is om diegene wat hulle nie aanstaan nie, te laat verwyder.”
Een tweeling, twee dekades
Dié pasgebore babas is dalk ʼn tweeling, maar hulle gaan nooit dieselfde verjaarsdag vier nie. Hulle is in verskillende jare en verskillende dekades gebore.
Foto’s: Sterre in pienk en rooi getooi by Golden Globes
Vanjaar was daar ʼn sterk voorkeur vir pienk en rooi rokke met lang- of pofmoue.
Onderwyser sterf tydens Parkrun-wedloop
ʼn Onderwyser van Gauteng het Saterdagoggend tydens die Parkrun-wedloop inmekaargesak.
Hulde ná oud-rugbybaas sterf
Johan Prinsloo, voormalige uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), is Sondag oorlede.
Resep: Gekrummelde hoenderrepies
Dié resep is ʼn gesonder weergawe van jou gunstelingdis, gekrummelde hoenderrepies. Beproef dit gerus om die nuwe jaar op ʼn gesonde voet af te skop.
Golden Globes-aanbieder sorg vir skewe kyke en giggellaggies
Die wenners van die 77ste Golden Globes-toekennings is Maandagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) by die Beverly Hilton Hotel in Beverly Hills aangekondig.
Nóg ʼn tornado tref SA
Die huise van minstens sewe gesinne, asook 200 ha dennebos is tydens die storm vernietig.
Nuuskommentaar: Vrae oor die waarheid kenmerk 2020-begin
Die manier waarop mense wêreldwyd met die waarheid omgaan, het so ontwikkel dat die woord “fopnuus” (fake news) net so alledaags soos die aanwending van fopnuus self geword het.
Noue ontkoming ná slang in stort skuil
Daar was glo nie teengif by die hospitaal waar die vrou aanvanklik behandel is nie.
Toonaangewende sakeman sterf
Op 99 het dié sakeman nog elke dag gewerk.
Die dieet waarvan almal praat
Danksy gewigsverlies, kan Peet nou saam met sy vrou fietsry – een van sy grootste drome.
Iran dreig met vergelding; Trump staan vas
“Hulle mag ons mense doodmaak. Hulle mag ons mense martel en vermink.”
‘Jeugdiges’ stig glo brand wat treinwaens verwoes
Dieselfde groep het glo Saterdag teruggekeer en twee treinwaens aan die brand gesteek.
Eskom: ‘Wanneer gaan die waansin end kry?’
“Wanneer gaan ons ophou om swak prestasie te beloon?”
Gedagte vir die dag: Soek-soek
Wees baie versigtig hoe julle lewe … soos verstandiges. (Efesiërs 5:15)