Daar word gesê dat Soleimani as martelaar ʼn selfs groter gevaar vir Iran se vyande inhou.
Alles vir Dinsdag 7 Januarie 2020
Speen jou kind só van ʼn fopspeen
Hier is ‘n eenvoudige truuk om jou kind van sy fopspeen te speen.
Vyf stappe vir beter ekonomiese vooruitsigte in 2020
Die kombinasie van ekonomiese en politieke verwikkelinge in Suid-Afrika die afgelope 12 maande het besonderse belangstelling gegenereer in die vooruitsig vir die ekonomie in 2020.
Luister: Wiele2Wiele gesels Dakar
Wiele2Wiele begin die jaar met skreeuende bande en Car-tydskrif se ‘Performance Shootout’, gesels oor ʼn sterk en kragtige Kawasaki-motorfiets en oor die Suider-Afrika 2020 Dakar-veldtydren-deelnemers.
Fabriekswerker ernstig beseer toe band ontplof
Die vragmotor se band het in die fabriekswerker se gesig ontplof terwyl hy dit met lug gevul het.
Nuuskommentaar: Hoe lank kan ’n jaar wees?
Watter verstommende ontdekkings wag oor die volgende twintig jaar op die aardbewoners en, meer bepaald, watter implikasies hou dit vir die mensdom in?
Moord op Irannese generaal dompel Midde-Ooste in groter chaos
Die voorstel om hom dood te maak is deur adviseurs van Trump gemaak, en daar kan gevra word wie die graagste wou sien dat Soleimani vermoor moes word.
Luister: Giniel skop stof op in sy Toyota
Suid-Afrikaner wen die tweede skof van die Dakar-wedren.
‘Welgedaan’ aan IEB-matrieks
Daar is boonop ʼn verwagting dat die slaagsyfer vir openbare skole vanjaar hoër gaan wees as vorige jare.
Uitdrukking: Die meetsnoere het vir iemand op lieflike plekke geval
Waar kom ons aan die uitdrukking “die meetsnoere het vir iemand op lieflike plekke geval”? Taaltoffie stel ondersoek in
Man veg vir sy lewe ná giftige slangbyt
Die man het vroeg Maandagoggend langs die rivier gaan stap toe hy skielik ʼn skerp pyn in sy knie voel.
Eskom: ‘Ons het nie geld gevra vir prestasiebonusse’
Weens Eskom se swak prestasie is geen prestasiebonusse die afgelope twee jaar uitbetaal nie.
Eskom-krisis bewys transformasie is ’n reueseflop
Die Eskom-krisis is tekenend van die mislukking van die ANC se sentrale staatsideologie van transformatisme, en ongelukkig is hierdie mislukking landwyd in almal se huise ingedra.
Vandag se sportnuus
Kallis: “SA kolwers het vandag die kans om helde te word.”
Te veel bestuur dronk in Nelspruit
Tientalle motoriste is oor die feestyd in Nelspruit toegesluit weens dronkbestuur.
IEB: Minder matrikulante slaag
Amper 90% van leerders wat die IEB-eindeksamen verlede jaar geskryf het, kan nou vir ʼn graad studeer.
Kinders vergiftig op stortingsterrein
Volgens gerugte het die kinders kaas of skyfies op die stortingsterrein geëet.
Gebou val in; werkers beseer
ʼn Gedeelte van die gebou wat in aanbou is, het inmekaargesak.
Onteieningswet: EFF is ontevrede
Die proses oor die verandering van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, word in al meer omstredenheid omhul.
Gedagte vir die dag: Nuutgemaak
“… die openbaring aan ’n man wie se oë geopen is … wat die woorde van God hoor, wat sy kennis ontvang het van die Allerhoogste …” (Numeri 15-16)