Louis Oosthuizen hou daarvan om kat en muis met sy teenstanders te speel.
Lees meerAlles vir Saterdag 11 Januarie 2020
SAKP steun ANC, solank hy by ‘kommunistiese beginsels’ hou
Dit sluit in om finansiëledienste-instellings te beveel om in projekte wat deur die staat goedgekeur is, te belê, asook om grond sonder vergoeding te onteien en die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) in werking te stel.
Toergroep in Khayelitsha beroof
Die toeriste het ʼn tuinbouprojek in die omgewing besoek.
Foto’s: Bulls ryg die drieë teen Tukkies in
Dis nou nie teen ’n Superspan nie, maar die Bulls lyk goed op die aanval.
ANC se verjaardagtoespraak: Ramaphosa open deure vir álle kragvoorsieners
Die ANC-president het in sy toespraak na menige brandpunte in Suid-Afrika verwys.
Gerhard van Huyssteen gesels oor woordjiehonde, verwaandheid en Afrikaans
Maroela Media het dié taalkenner vir ʼn koppie koffie genooi om hom beter te leer ken en uit te vind waar sy liefde vir Afrikaans begin het.
Grond by Silver Lakes, Boschkop in Pta ‘beset’ – Sakeliga
Grondbesetters het op verskeie terreine toegeslaan en “erwe” op die eiendomme probeer skoonmaak.
Talle appèlsake teen skoolplasings in Gauteng sloer nog
Volgens die DA het die LUR vir onderwys in die provinsie, Panyaza Lesufi, in Desember gesê die appèlsake sal binne 21 dae afgehandel word. Dit het nie gebeur nie en meer as 2 000 leerders wag nog vir uitsluitsel.
Kommer oor verhongerde diere op De Aar
Die diere drink onder meer die rioolwater en vreet uit asblikke en vullissakke. Hulle veroorsaak ook ʼn gevaar op paaie.
Walvis naby Dasseneiland ontknoop
Die tou waarin die walvis verstrengel geraak het, was aan die seebodem vasgemaak.
Mabuza-bedanking ʼn geleentheid om Eskom reg te ruk
“Dit is nóú die tyd om op te tree. Die aanstellings moet niks te doen hê met kleur, partyverbintenis of politieke plooibaarheid nie.”
ANC sê Eskom-raadsvoorsitter se bedanking ‘lofwaardig’
Jabu Mabuza het in Desember beloof beurtkrag gaan eers weer teen middel Januarie ingestel word, maar dit is kort ná Nuwejaar al gedoen.
Iran erken: Weermag hét vliegtuig neergeskiet
“ʼn Menslike fout in ʼn tyd van krisis wat veroorsaak is deur Amerikaanse kragtoertjies het tot die ramp gelei.”
Beurtkrag vir Saterdag (vir eers) opgeskort
“Danksy die goeie werk wat ons spanne oornag gedoen het, was daar ʼn verbetering in die kragnetwerk.”
Minister erken kommerwekkende toestand by militêre basis
Geen behoorlike instandhoudingswerk is die afgelope twee dekades by die Thaba Tshwane-weermagbasis in Centurion gedoen nie.
Beurtkrag Saterdag hervat
Eskom het beloof dat sy spanne deurnag sal werk om te verseker dat eenhede wat aanlyn moet kom, dit wél doen.
Gedagte vir die dag: Kom terug!
Kom terug, kinders wat afgedwaal het, Ek wil ’n einde maak aan julle afdwaling. (Jeremia 3:22)