ʼn Maatskappy wat James Dean as akteur wil laat herleef reken hulle gaan nie net sy digitale afbeelding ʼn rol in die fliek gee nie, maar ʼn hele nuwe loopbaan.
Lees meerAlles vir Maandag 20 Januarie 2020
‘Ekonomiese beleid lei tot afleggingsbloedbad’
Na die ‘afleggingsbloedbad’ in 2019, voorspel die nuutste aankondigings deur Samancor en Glencor niks goed vir wat na verwagting ʼn baie moeilike 2020 gaan wees nie.
Man gou vas ná rooftog by vulstasie
ʼn 40-jarige man is Maandag in hegtenis geneem kort ná ʼn rooftog by ʼn vulstasie in Algoapark in Port Elizabeth.
Stiefpa vas oor moord van driejarige
ʼn 29-jarige man beweer hy was onder die invloed van alkohol toe hy glo sy meisie aangerand en sy driejarige stiefkind vermoor het.
Afgetrede onnie in hof oor dogter se verkragting
ʼn Afgetrede onderwyser van Namibië sal vandeesweek in die Rehoboth-landdroshof, suid van Windhoek, verskyn op aanklag dat hy sy agtjarige dogter verkrag het.
SA’ners gemaan om dringend te reageer op Eskom-verhogings
Suid-Afrikaners het nog slegs tot vanaand om 23:59 kans om te reageer op Eskom se voorgestelde tariefverhogings vir 2019/2022.
ToekomsVenster: ’n Oop teks vir 2020
Christene het die Gees van God in hulle. Hulle word geroep om ʼn verskil te maak.
Sterre betower op glanstapyt by SAG-toekennings
By vanjaar se SAG-toekennings het die bekendes weereens hul vere behoorlik reg geskud en veral gepronk in skakerings van blou en wit.
Die wêreld in foto’s – 20 Januarie 2020
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Ses gestuit wat glo VS-plaasaanval beplan
Die Vrystaatse polisiekommissaris het die gesamentlike poging, en veral die rol wat boere in die operasie gespeel het, geloof.
Verdagtes brand los op motoris in Garsfontein
Twee gewapende verdagtes het doodluiters na die man se motor gestap en verskeie skote afgevuur.
Woede oor Jan Taks glo opdok vir minister se herdenkingsreis
Opposisiepartye eis antwoorde oor die kommunikasieminister se reis, glo om haar huweliksherdenking saam met haar man te vier, waarvoor belastingbetalers na bewering moes opdok.
Skool verloor nog ʼn leerder: ‘Hy was ʼn lewenslustige kind’
“André het vir Johan gebel en gesê daar is moeilikheid. Hy het teruggedraai en inderhaas huis toe gejaag.”
Lesersbrief: Ek is ʼn Afrikaner-kosak
In die Kosakke se goeie eienskappe vind ek solidariteit. Ek is ʼn Afrikaner-kosak. ʼn Vry man. Los my mense uit!
2020 die jaar van sonsvernuwing
Etlike studies is al gedoen in ʼn poging om verbande te vind tussen sonaktiwiteite en reënvalpatrone.
Zulu gereed vir nuwe begin
Die Wetnose-dierereddingskuiling hoop dat Zulu ʼn tuiste vind waar hy goed versorg en geliefd is, bederf word, asook daagliks herinner word dat nie alle mense sleg is nie.
Aggett se dood vier dekades later weer ondersoek
Aggett se liggaam is op 5 Februarie 1982 in sy sel in die John Vorster-gevangenis in Johannesburg aangetref.
Prins Harry maak hart oop oor Megxit
“Ek hoop dit help julle om te verstaan hoe dit hierop uitgeloop het: Dat ek met my gesin ʼn tree teruggee van ás wat ek nog altyd ken, sodat ons ʼn tree vorentoe kan gee na wat ons hoop ʼn meer vreedsame lewe sal wees.”
Video: Motoris gesoek wat 308 km/h ry
Die Johannesburgse metropolisie (JMPD) het die voorval waar ʼn motoris teen meer as 300 km/h op een van die land se hoofweë gery het, ten sterkste veroordeel.
Australië nou deur stof- en haelstorms getref
Dié land gaan steeds gebuk onder Moeder Natuur.