“Jy mis dit om dit te deel met die mense vir wie jy so lief is.”
Lees meerAlles vir Saterdag 25 Januarie 2020
Cheetahs pluk oorwinning uit kake van ‘n nederlaag
Saterdag in die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth is die braaivleisvure in die Baai al aangesteek met die Southern Kings wat met 30-24 voor was teen die Cheetahs in die Pro14-reeks … maar hulle moes later moedeloos onder die pale staan.
Protea-netbalspan maak vir Kiwi’s skrik
Msomi se span los hul beste vir vandag, maar een of ander tyd sal hulle ook dié wedstryde moet begin wen.
Die hanslam wat koppe laat draai
Wanneer Lammie, die mak Weskuslam, sy laatmiddagstappies op Langebaan se strand geniet, is hy onbewus daarvan dat hy koppe laat draai en monde laat oophang.
Tafel is gedek vir ‘n titaniese stryd tussen Rafa en Kyrgios
Dit is die vingeraflek-lekker waarvan die Australiese tennis-ondersteuners droom.
Talle dood, 1 000 beseer tydens aardbewing in Turkye
Minstens 22 persone is dood en meer as 1 000 persone beseer tydens ʼn aardbewing in Turkye.
Seksvoorligting: Vergadering met departement ‘teleurstellend’
Die organisasie Freedom of Religion SA (FOR SA) het gesê die vergadering vandeesweek tussen die departement van basiese onderwys en tradisionele- en godsdienstige leiers was uiters teleurstellend.
Twee polisiebeamptes in KwaZulu-Natal doodgeskiet
Die nasionale polisiekommissaris het ʼn grootskaalse soektog versoek na die verdagtes wat verantwoordelik is vir die moord op twee polisiebeamptes van KwaZulu-Natal.
DA-LP in waterbehandelingsaanleg toegesluit
Retief Odendaal, DA-LP in die Oos-Kaap, is glo deur ʼn senior beampte van die Chris Hani-distriksmunisipaliteit in ʼn waterbehandelingsaanleg toegesluit in ʼn poging om hom te intimideer.
Koronavirus: Dokter sterf; virus versprei na ander lande
ʼn Dokter wat pasiënte in Wuhan, China behandel het wat met die koronavirus besmet is, het Saterdag gesterf.
Nóg meer plekke in Limpopo geraak deur bek-en-klouseer
Die getal plekke in Limpopo waar bek-en-klouseer bevestig is, het tot 16 toegeneem sedert die uitbreking laat in 2019 aangemeld is, aldus die departement van landbou.
Blitsbokke struikel teen Engeland
Met slegs halfeindstryde wat in Hamilton gespeel word, was dié basies ’n kwarteindstryd.
Koronavirus: Wuhan moet hospitaal binne ses dae bou
Dit sal slegs ses dae neem om ʼn nuwe hospitaal in Wuhan in China op te rig waar die koronavirus-epidemie uitgebreek het.
Busbestuurder sterf toe hy vragmotor van agter tref
ʼn Busbestuurder is Vrydagaand op die N3 in Germiston dood tydens ʼn ongeluk met ʼn vermoedelik stilstaande vragmotor.
32 onwettige myners in Benoni aangekeer
Beamptes van die Ekurhuleni-metropolisie het vandeesweek 32 onwettige myners in hegtenis geneem en beslag gelê op ʼn springstoftoestel.
Nóg ʼn Dakar-jaer sterf
Die Nederlandse motorfietsryer Edwin Straver is dood ná ʼn ongeluk by die Dakar-veldtydren, het organiseerders Vrydag gesê. Dit is die tweede sterfgeval tydens vanjaar se wedren.
Gratis naskoolse onderwys is nie oordeelkundig nie
Minister Blade Nzimande het bekend gemaak dat alle studente uit arm- en werkersklashuishoudings wat vir hul studierigtings kwalifiseer, se koste deur die staat gedra word.
Spesiale taakspan om kwessies by Diepsloot te takel
Cele het Vrydag met leiers vergader wat die Diepsloot-gemeenskap verteenwoordig ná gewelddadige betogings in die gebied plaasgevind het ná die afsterwe van ʼn polisiekaptein in die gebied.
Hierdie week se hoogtepunte by die Zondo-kommissie
Grootskaalse beweerde korrupsie in KwaZulu-Natal, getuienis oor hoe die Gupta-familie se koerant, The New Age, deur staatsbeheerde ondernemings in stand gehou is en ‘n waarskuwing aan oudpres. Jacob Zuma, was van die hoogtepunte uit die urelange sittings van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping hierdie week.
Christo Bothma-verdwyning: ‘Bring die bewys dat hy dood is’
“Die res van die wêreld het besluit hy is dood, maar ons het nie afsluiting nie.”