Countrylegende Lance James word tans in ʼn hospitaal behandel vir ʼn infeksie ná ʼn heupvervanging.
Lees meerAlles vir Sondag 26 Januarie 2020
Man, wat glo 300 km/h ry, by begrafnis aangekeer
Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Sondag die inhegtenisneming verwelkom van ʼn man wat homself verfilm het toe hy glo teen 308 km/h gery het.
Ses sterf in busongeluk
Ses persone, insluitend die busbestuurder, is Sondag dood tydens ʼn ongeluk op die R81 in Limpopo.
Reis Afrikaans: Ontmoet lede van die Republiek
“Afrikaans is alomteenwoordig, sy spoor haar sprekers op en vang hulle ontkant op die vreemdste plekke.”
DA eis antwoorde oor ‘geheime reddingsboei’ van R2 miljard aan SAL
Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê hy is besorg dat finansiering, van ʼn onbekende bron, aan die bankrot SAL oorhandig is sodat die lugdiens salarisse kan betaal en verder kan handel dryf.
Australiese Ope: Djokovic lei Groot Drie se aanslag
Dalk praat ʼn mens te gou, maar die speler wat die Serwiër Novak Djokovic in sy spore in die Australiese Ope kan stuit, sal na alle waarskynlik volgende Sondag as vanjaar se manskampioen gekroon word.
Maak só jou medisynekas skoon
“Medisynekaste moet gereeld skoongemaak word, aangesien sekere soorte medikasie ná ʼn tydperk minder doeltreffend raak en selfs skadelik kan wees.”
Koronavirus: Versoeke herleef om handeldryf met wilde diere op te skort
Die uitbreking van ʼn nuwe virus wat met ʼn wildlewemark in sentraal China verbind word, het versoeke laat herleef vir wetgewing teen die handeldryf en verbruik van eksotiese spesies.
Man vas oor polisiekonstabel se moord
Die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla John Sitole, het beamptes geloof dat ʼn man vinnig in hegtenis geneem is in verband met die moord op ʼn polisiekonstabel in Berea, KwaZulu-Natal.
Duisende keer terug huis toe ná risiko vir vulkaan in Filippyne verlaag is
Owerhede in die Filippyne het Sondag die waarskuwingsvlak vir Taal-vulkaan verlaag, twee weke nadat dit as, stoom en klippe begin spoeg het. Meeste van die 376 000 inwoners sal terugkeer huis toe.
20 beseer tydens aanval op troue in Afghanistan
Minstens 20 persone, insluitend kinders, is beseer tydens ʼn handgranaataanval op ʼn troue in Afghanistan.
Versoek vir Eskom-vergadering val op dowe ore, sê Cachalia
Die Demokratiese Alliansie het Sondag die voorsitter van die parlementêre komitee oor openbare ondernemings, Khaya Magaxa, veroordeel dat hy die party se versoek verwerp het dat die komitee vroeër terugkeer om dringend oor Eskom te vergader.
Video: Zuma op kwadfiets het Twitter op hol
ʼn Video van oudpres. Jacob Zuma op ʼn kwadfiets, omring deur lyfwagte, het Twitter-gebruikers se tonge laat klap.
Dodetal styg in Turkye ná aardbewing
Vrees en hoop het deur die koue nag in Elazig in Turkye vermeng terwyl reddingspanne in die donker gepoog het om nog oorlewendes onder die puin te vind, meer as 24 uur ná ʼn aardbewing van 6,8 die stad getref het.
Proteas wéér met die rug teen die muur
Boucher, Smith verdien nie dié geploeter nie.
Bendelede sit lank oor moord en ander misdade
Albei beskuldigdes was lede van die Hard Living-bende.
Vrou gevonnis wat wag bedwelm, by Valke inbreek
ʼn 34-jarige vrou is in die Noord-Kaap gevonnis op aanklag van huisbraak en diefstal by die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) se kantoor in Kimberley.
Nuwe medalje om Australië se brandbestryders te vereer
Die Australiese regering het ʼn nuwe medalje aangekondig wat toegeken sal word aan nooddienswerkers en ander in erkenning vir hul diens en opoffering tydens die land se katastrofiese veldbrandkrisis.
Koronavirus: China bevestig minstens 56 het reeds gesterf
China het Sondag bevestig minstens 56 persone is dood en 1 975 gevalle van die koronavirus is aangemeld.
Vier vas oor gesteelde ARV’s
Vier persone is in hegtenis geneem in verband met vermoedelik gesteelde antiretrovirale medikasie (ARV’s).