Drie toilette uit die Amerikaanse sanger en akteur Frank Sinatra se huis is Sondag vir duisende op ʼn veiling verkoop.
Alles vir Maandag 27 Januarie 2020
Video: Shiraaz Mohamed verbreek stilte
Die ontvoerde fotojoernalis sit in die video styf neffens sy ma, Shireen Mohamed.
President Ramaphosa se sandjies loop uit
Daar is al uit verskeie oorde bespiegel oor die rede vir Ramaphosa se onvermoë om ware verandering teweeg te bring, maar hier is ʼn vars mening:
WAT Woord van die week: ipekonders
Hoekom sê ons iemand het “ipekonders”? Taaltoffie kyk waar dié woord vandaan kom
Woede oor Autopax-werkers net halwe salaris kry
Werkers het boonop geen benul wanneer die balans van hul salarisse betaal gaan word nie.
Landbou-hoë, familie op plaas aangerand
Die familielede was Saterdagaand besig om te braai.
Boek: Hoe leeu en muis maats geword het
Ondeunde Muis soek aanhoudend skoor met Leeu terwyl hy slaap. Maar toe Muis in die moeilikheid beland, is daar net een wat hom kan red …
Kompetisie: Corlea, Ruhan du Toit terug met ‘About Time’
Een gelukkige leser kan ʼn dubbelkaartjie wen vir Corlea en Ruan du Toit se About Time-vertoning op 5 Februarie in Pretoria.
‘Begrotingsprobleme’ in Mpumalanga; werkers nie betyds betaal
Die vertraging met betalings het beteken dat sommige maatskappye nie hul werkers betyds kon betaal nie.
Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Poppie Nongena’
Anna-Mart van der Merwe, Rolanda Marais, Dawid Minnaar, Thembalethu Ntuli en Nomsa Nene is ook in dié rolprent te sien.
Eerste skooldagfoto: Só lyk ons wennertjie
“Hy was die dag voor die skool begin het baie stil, asof hy geweet het hier kom ʼn ding, maar nie seker was wat presies aan die gebeur is nie,” sê sy.
Ouers woedend ná skool Afrikaans afskaf
Leerders moet skielik in ander dorpe skoolgaan.
Byna alle flaminkkuikens eersdaags tuis by Kamfersdam
Kenners reken sowat ʼn helfte van al die kuikens het gevrek.
Karavaanskou sal kampeerders bekoor
Altesaam 25 lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie na die jaarlikse Karavaanskou by Gallagher Estate wen!
EFF moet hoes ná hy joernaliste spioene noem
Die EFF het beweer die twee verslaggewers het met die apartheidsregering saamgewerk en is dus hof toe gesleep.
Boekresensie: Fouriesburg en sy mense in die Brandwaterkom 1840 – 2019
Dis ’n boek wat op elke Fourie in die land, maar veral dié wat in Fouriesburg of omgewing woon of bande met Fouriesburg het, se koffietafel hoort.
Nuuskommentaar: Die groot vraag: Het SA gefaal?
Is Suid-Afrika aan’t faal, of het die land reeds gefaal? Die antwoord op hierdie vraag maak baie saak vir die toekoms van die land, maar die vind van die antwoord is glad nie so maklik nie.
Visstropers plunder Oranjerivier
Stropers gebruik opgeblaasde trekker-binnebande om nette oor die breedte van die rivier te span en vis onwettig te vang.
Motoris pleeg selfmoord op Chapmanspiek
In twee afsonderlike voorvalle is nóg twee mense albei ernstig beseer toe hulle in onderskeidelik Durban en Kaapstad op staproetes geval het.
Metrobeampte vas weens omkopery
Die polisiebeampte is op die R80-afrit in Pretoria vasgetrek terwyl hy “besigheid” gedoen het.