“Dit is nie noodwendig altyd die beloning aan die einde wat spesiaal is nie, maar eerder die pad wat jou daarheen gebring het.”
Alles vir Donderdag 30 Januarie 2020
Bek-en-klou: ‘Regering veroorsaak krisis’
Die regering het ʼn tienpondhamer in ʼn situasie gebruik waar ʼn skalpel nodig was.
Skoolfonds: Dís hoeveel ouers sal moet opdok
Indien jou kind vanjaar met skool begin, sal dit jou gemiddeld R41 000 ʼn jaar kos om hulle deur matriek te kry.
Mans in hof vir bedrog
Een van die mans het glo ’n regeringsdepartement uit derduisende rande geswendel.
NGV: Is minister van gesondheid self die vlieg in die salf?
Die onlangse nuus dat Zweli Mkhize, minister van gesondheid, die dogter van ’n bloedverwant as die gesondheidsdepartement se personeelhoof aangestel het, het weer eens die rooi ligte laat flikker oor die regering se beplande nasionale gesondheidsversekering (NGV).
Egpaar op plaas oorval; erg aangerand
Rademeyer is glo met ’n serp verwurg en sy geslagsdele is met ’n skerp voorwerp afgesny.
LUR wil Tshwane-speaker dissiplinêr aankla
LUR Lebogang Maile se beskuldigings is ooglopend gefabriseer en hy het nog geen bewyse getoon nie.
Name bekend van onderwysers wat verongeluk
Die hoof het bekommerd geraak toe die onderwysers ʼn tweede dag nie vir skool opdaag nie.
Blitsbokke wil ondersteuners in Sydney weer laat glimlag
“Ons het in Hamilton glad nie volgens ons potensiaal gespeel nie en ons het daardie uitslag verdien.”
Nuuskommentaar: O my ‘meme’, wat het ek gedink en toe aangevang?
Beteken demokrasie dat ek my stem volgens my eie oortuigings uitbring, of dat ek vir dit stem wat deur ’n charismatiese leier voorgestaan word? Beginsel en praktyk is nie onderling dieselfde nie.
Dis amptelik, Brexit gebeur Vrydag
“Dis dit. Dit is alles verby.”
Gerekende genealoog nou deel van FAK-familie
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge het besluit om vanjaar ’n nuwe genealogiese navorsingslessenaar in Pretoria vir hul lede, maar ook vir die wyer publiek, te vestig.
Koronavirus nou in alle Chinese streke
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sal Donderdag besluit of die virus ’n wêreldwye gesondheidskrisis is.
Susters vas vir moord, verkragting van ma
Haar dogter het haar glo vasgehou terwyl sy verkrag en vermoor is
Mening: Krapperigheid en vrae oor rugby wêreldwyd
Is rugby as sport in die moeilikheid?
Polisie moet optree teen gewelddadige studente – Nzimande
“Universiteite moet alle nodige stappe doen om die veiligheid van eiendom en lewens te verseker.”
Leon van Nierop se fliekresensie: Bombshell
Die fliek ontbloot die vrees, agterdog, venyn en oorloë wat elke dag in die Amerikaanse televisiewêreld afspeel.
Lindi en Wynand Delport: Tyd vir iets anders
Hul grootste droom was om oorsee te gaan met hul musiek en passie vir aanbidding en nadat die gesin twee jaar gelede en weer in 2019 in Australië opgetree het, is daar besluit om hul droom om oorsee te werk, te laat realiseer.
Kanse vir beurtkrag vanaand
Suid-Afrikaners moet hul staal vir die moontlikheid van beurtkrag Donderdagaand.
Taalgebruik: Die verfoeilike “f” en “v”
Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die spelling van woorde wat met ‘n “f” of ‘n “v” begin. Hiermee ‘n paar voorbeelde.