Daar was egter een aktrise wat styl doelbewus gebruik het.
Alles vir Maandag 10 Februarie 2020
Rekordtyd tussen NY en Londen danksy storm
ʼn Boeing 747 van British Airways het Saterdag van JFK-lughawe vertrek en 4 uur 56 minute later, kort ná 23:30, in Heathrow aangekom.
Gaan Jones se kop rol?
Die Engelse rugbyafrigter Eddie Jones sal sekerlik die papelellekoors kry as hy Afrikaans kan lees en verstaan.
Swaarste reënval in jare blus Aus-brande
Die swaarste reënval in 30 jaar bring geluk by die ongeluk vir Australië.
Varsgebekkig: Pylvakparade
“Pylvakparade” is die Afrikaanse vertaling vir “grid walk” tydens motorwedrenne.
EFF beplan om banke, Investec en Rupert te ontwrig
Vanjaar lyk na ʼn jaar van konflik, ontwrigting en partypolitieke isolasie vir die EFF.
Koronavirus: Miljoene in China terug by werk
Altesaam 97 nuwe sterftes is Sondag aangeteken.
Nuuskommentaar: Staatsrede of staatstrauma?
Donderdag se staatsrede is heel moontlik die laaste kans wat pres. Cyril Ramaphosa gaan kry om hom as leier te vestig en baie van sy vyande koud te sit.
Dra Afrikaans vir Afrikaans
Wanneer jy jou gunstelingsportspan ondersteun, jou betrokkenheid by ʼn politieke party wil wys, aan ʼn sportklub behoort of selfs in ʼn koor sing, is daar spesifieke klere en kleure wat jy dra om met jou verbintenis te spog. Februarie is Moedertaalmaand en dit bied aan jou die perfekte geleentheid om op dieselfde manier met jou liefde vir Afrikaans te koop te loop!
Boek: Justin Fortuin, skattejagter
Spook dit in Kasteel Boekanier? Sal Justin en sy vriend Liam die ou skeepskaptein se skat kan vind voor twee skelms dit doen?
Honderde verhongerde diere op hoewe aangetref
“Ek het deur rye en rye diere geloop wat almal na my met desperaatheid in hul oë gestaar het.”
Vandag se sportnuus
Twee Suid-Afrikaners het onderskeidelik die mans- en vrouetitel gewen tydens Sondag se Midmar-myl-oopwaterbyeenkoms.
Die jongste giere vir kombuise
Die jongste giere vir kombuise is dat dié ruimte nie net meer vir kosmaak gebruik word nie, maar dat dit eerder ʼn plek is waar jy kan onthaal, ontspan én werk.
Oor die rand en sent van troubeplanning
Die eerste stap van troubeplanning is om ʼn deeglike begroting op te stel. Weet wat julle finansiële vermoë is en beplan daarvolgens.
‘Parasite’ maak geskiedenis by die Oscars
Die Suid-Koreaanse drama Parasite het geskiedenis gemaak by vanjaar se 92ste Oscar-toekennings.
Polisie trek ‘bloulig-kapers’ vas
“Ons sal stel tans ondersoek in om vas te stel of die twee verdagtes met ander soortgelyke voorvalle verbind kan word.”
Vrou kritiek ná trekker-voorval
“Paramedici het die vrou ondersoek en bevind dat haar linkerbeen amper heeltemal geamputeer is tydens die voorval.”
Beurtkrag Maandag eers afgeskaal
Eskom het beurtkrag Sondagaand voorlopig opgeskort. Dit sal egter Maandagoggend weer voortgaan.
Gedagte vir die dag: “Kom!”
“Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.” (Jesaja 1:18)