Eoin Morgan-hulle jaag ’n wenteiken van 223 om T20-reeks ook te beklink.
Lees meerAlles vir Sondag 16 Februarie 2020
Inspirerende koorfees weerklink weer by Taalmonument
Elf kore, vyf musikale sterre en oor die 800 koorlede beloof ʼn betowerende fees van koormusiek.
Nasionale ingryping in Tswaing nodig, sê DA
Die Demokratiese Alliansie (DA) in Noordwes is bekommerd oor die voortdurende stakings en protesoptogte in die dorpe van Sannieshof, Delareyville en Ottosdal.
SA’ner se heldedaad in Taiwan
Johan Koekemoer, oorspronklik van Port Nolloth in die Noord-Kaap en wat tans in Taiwan woon, het ʼn man se lewe in dié land gered.
‘Outback Wrangler’ help nou ook om krokodil te bevry
Matt Wright, aanbieder van National Geographic se reeks Outback Wrangler, is tans in Indonesië om ʼn krokodil te help wat al jare lank ʼn motorfietsband om sy nek het.
‘Sassa en Sapo moet sê as toelaes bedreig word’
Die Demokratiese Alliansie het gesê hy is uiters besorg oor mediaberigte Sondag wat laat blyk dat die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) in ʼn ernstige finansiële verknorsing is en moontlik punte gaan moet sluit waar maatskaplike toelaes versprei word.
Nou kan jy tekkies op jou troue dra
Baie bruide verkies deesdae ʼn tradisionele trourok met hoëhakskoene vir die seremonie, waarna hulle iets gemakliker aantrek vir die onthaal.
Forensiese ondersoek oor Enock afgehandel
Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het die verslag oor die forensiese ondersoek ontvang ná die verdrinking van Enock Mpianzi tydens ʼn skoolkamp in Januarie.
Skoolaansoeke vir Wes-Kaap maak Maandag oop
Aansoeke vir staatskole in die Wes-Kaap vir die 2021- akademiese jaar maak Maandag oop.
ANC veroordeel FW de Klerk-stigting se uitlatings oor apartheid
Die ANC het ʼn verklaring deur die FW de Klerk-stigting veroordeel wat “ontken dat apartheid ʼn misdaad teen die mensdom was”.
Gupta-suiwelplaas is vervalle, sê DA
Die melkprosesseringsaanleg by die Gupta-suiwelplaas bly oorbodig en is in ʼn toestand van verval, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.
Vyf Gautengers vas oor kinderpornografie
ʼn Gespesialiseerde eenheid van die polisie het vyf vermeende seksuele oortreders in Gauteng in hegtenis geneem tydens operasie “Moonlight”.
Duplantis verbeter paalspring-rekord
Die Sweedse wonderkind Armand “Mondo” Duplantis het vir die tweede keer binne ʼn week die paalspring-rekord verbeter.
Beurtkrag na fase 2 afgeskaal
Eskom het Sondag aangekondig fase 2-beurtkrag sal vanaf 09:00 toegepas word.
Mans gevonnis oor meisies se verkragting
Nneke Jim Ledwaba, polisiekommissaris in Limpopo, het die swaar vonnisse verwelkom in die sake van twee mans wat verskeie minderjarige meisies verkrag het.
Koronavirus: Eerste pasiënt sterf in Europa
Die minister van gesondheid in Frankryk het Saterdag die eerste sterfte weens die koronavirus aangekondig.
Tiener vas oor groot hoeveelhede dwelms, vuurwapens
ʼn 19-jarige man is in Port Elizabeth in hegtenis geneem nadat hy glo met vuurwapens en groot hoeveelhede dwelmmiddels betrap is, het die polisie in die Oos-Kaap Saterdag gesê.
Brakpan-vrou sterf toe haar man haar aanval
ʼn 72-jarige vrou van Dalview in Brakpan is dood ná haar 75-jarige man haar glo met ʼn skerp voorwerp aangeval het.
Gedagte vir die dag: Sien dit raak!
Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. (1 Tessalonisense 5:18)