“My werk is so gevaarlik dat ek nie weet of ek lewend by die huis gaan kom om my kinders weer te sien nie.”
Alles vir Dinsdag 18 Februarie 2020
Wynvat-man ernstig siek ná hy wêreldrekord breek
Toe sy voete die grond tref, het hy besef iets is nie lekker nie.
Ongeluk met pantservoertuig; SANW verduidelik
In die video kan gesien word hoe die voertuig onbeheersd na links swenk en amper in die skare weermaglede ploeg.
FNB se warm Varsitybeker-aksie
Tukkies steeds eerste op die punteleer, terwyl Maties ’n wegholoorwinning behaal.
Pensioenaris in huis vermoor
’n Bejaarde vrou was Dinsdagoggend in haar huis doenig toe vier onbekende mans haar oorval het.
Afrikaans vat voor by Safta-benoemings
Poppie Nongena, Fiela se kind, Die verhaal van Racheltjie de Beer, ʼn Ander mens en Die seemeeu het uitgeblink het in die rolprent-afdeling.
Oproer dreig in Mpumalanga oor urelange ‘interne beurtkrag’
Benewens gewone beurtkrag, word die krag vir ʼn bykomende vyf ure per dag afgeskakel.
Xander dán gevonnis
Xander Bylsma is Maandag op twee aanklagte van moord skuldig bevind.
Kyk: Joshua se vlieënde voete
Uganda-atleet verpletter 5 km-wêreldrekord deur dié afstand in ’n tyd vinniger as 13 minute af te blits. Tog is daar diegene wat oor sy prestasie mor.
Nuuskommentaar: Tegnologie vervang dikwels feite met fopnuus
Hoekom vind baie mense dit onmoontlik om die waarheid te glo en eerder fopnuus te aanvaar?
Appel terug in 1ste plek op Top-20
Appel het reeds vroeg vanjaar naam gemaak toe dit die eerste liedjie was wat dit kon regkry om Snotkop en Ricus Nel se “Boerepompie” te onttroon.
Skuiling vir bejaardes brand; talle ontruim
Vier mense het Dinsdag in ʼn ander brand in dieselfde omgewing omgekom.
Só lyk beurtkrag vir Dinsdag
Bykomende opwekkingseenhede is suksesvol aanlyn gebring en noodreserwes was Dinsdag op aanvaarbare vlakke.
FW gekap oor ‘halfgebakte’ verskoning
Politieke partye is steeds vies vir oudpres. FW de Klerk al het hy om verskoning gevra vir sy gewraakte stelling oor apartheid.
Kaapstad verwelkom plan met vlugtelinge
Die situasie in die Kaapstadse middestad het weens die vlugtelinge se teenwoordigheid byna onhoudbaar geword.
Dís wat jy eintlik met jou pap batterye moet doen
Min mense weet dat jy nie jou pap batterye in ʼn gewone vullisdrom moet weggooi nie.
Resep: Varkribbetjies
Heerlike, maklike ribbetjies in jou prutpot.
Suid-Afrika se grondwetlike heilsleer
Die Grondwet is as ʼn verlosser opgehemel – ʼn verlosser uit ʼn bose verlede van verdeeldheid, swaarkry, verwoesting en stryd en ’n verlosser wat vrede, versoening en die gewaarborgde beskerming van al ons regte sou verseker, skryf prof. Koos Malan.
Vandag se sportnuus
Du Plessis, Rabada en Nortjé terug om die Aussies in mik-en-moker-krieket aan te vat.
Bek-en-klouseer: Ophef van veilingverbod verwelkom
“Dit was ʼn uiters drastiese maatreël wat ʼn geweldige negatiewe uitwerking op produsente en die bedryf gehad het.”