Jy spring so baie selfs jou ore begin sweet, maar dit is beslis goed vir die huwelik.
Alles vir Donderdag 20 Februarie 2020
Hof beveel departement om oorbevolkte klasse te pak
Leerders by dié skole kan kwalik hoor wat onderwysers sê en dis bykans onmoontlik om iets in die volgepakte klaskamers geskryf te kry.
Kind skuil in klaskamer ná ouma hom glo aanrand
Die seuntjie het verskeie kneusplekke aan sy lyfie gehad en onbeheerbaar gehuil en gebewe.
Honderde voorstelle ingedien om kragnood vinnig te verlig
“Onbetroubare elektrisiteitsvoorsiening is die grootste bedreiging vir ekonomiese groei, werkskepping en ontwikkeling.”
Namakwaland radioman: ‘Ek was gehoorsaam aan my roeping’
“Soos wat ek die roeping soontoe gehoorsaam het, was ek gehoorsaam om te weet dit is my tyd om te gaan.”
Internasionale uitgewersreus neem Lapa onder sy vlerk
Penguin Random House Suid-Afrika, ’n afdeling van die internasionale uitgewersreus Penguin Random House, het pas aangekondig dat hy Lapa Uitgewers by die ATKV gekoop het.
‘Sussex Royal’ dalk binnekort nie meer so koninklik
Dié handelsmerk is waarskynlik van die baan nadat Harry en Meghan besluit het om van die Britse koninklike familie weg te breek.
Twee sterf op Japanse skip met koronavirus
Sowat 621 van die 3 700 passasiers aan boord is reeds positief vir die virus getoets.
Nuuskommentaar: Faktore wat die erns van plaasaanvalle verdoesel
Terwyl AfriForum-ambassadeurs die wêreld deurkruis om op die erns van plaasaanvalle en die regering se voorgenome grondgryp sonder vergoeding te wys, is daar verskeie faktore wat hierdie edel taak baie bemoeilik, en ander wat weer die veldtog kan rugsteun. Die nuwe syfers wat AfriForum pas bekend gemaak het, toon dat plaasaanvalle die afgelope jaar skerp gestyg het.
Lesufi stel forensiese verslag oor Enock later vry
ʼn Onafhanklike regsfirma is ná sy dood aangestel om die ondersoek te hanteer.
Donald terug in sy geliefde Bloemfontein
“Dit is iets waarna ek al vir ’n lang ruk uitgesien het.”
Voertuig tref jong man op N12 op pad na Springs
Marx het in die pad inmekaargesak.
11 dood ná skietery in Duitsland
Twee kroeë is in die aanvalle geteiken.
Beurtkrag kan tot naweek duur
Eskom sê hy het oornag drie opwekkingseenhede verloor.
Tien redes hoekom Afrikaners moeg is om verskoning te vra
Die EFF en sekere Afrikaanse kommentators, het opnuut ’n oproep gedoen dat Afrikaners weer om verskoning vir apartheid moet vra. Aan die ander kant blyk dit dat ’n groot groep Afrikaners moeg daarvan is om jammer te sê. Die vraag is hoekom soveel Afrikaners so voel? Flip Buys het verduidelik.
Soektog na Tazné eindig tragies
Moehydien Pangaker word nou van moord aangekla.
Koerant gee nuusredakteur trekpas ná uitlatings
Daniel Friedman was nie net die nuusredakteur nie, maar is ook ʼn komediant.
Vandag se sportnuus
Springbokke speel teen Wallis in November.
Mogale City ‘sleep voete’ met aanstel van nuwe burgemeester
Burgemeester Patrick Lipudi is op 12 Januarie dood en sy pos is sedertdien vakant.
Koronavirus: SA toets reeds 95
Suid-Afrika doen ook toetse vir ander Afrika-lande en help om die vasteland se gesondheidswerkers op te lei.