Baie mense loop met vrae rond soos: Hoe presies word dit oorgedra? Wat moet ek doen as ek vermoed ek het die virus? Hoe voorkom ek dit? Hoe word die virus behandel, en so meer? Maroela Media gaan ʼn paneelbespreking fasiliteer wat direk uitgesaai word.
Alles vir Maandag 9 Maart 2020
Trou jy binnekort? Klop hier aan vir hulp
Maroela Media gee later vanjaar in samewerking met verskeie diensverskaffers ʼn troue ter waarde van R170 000 weg. Hier is ʼn lys met die verskaffers, asook ‘n gratis kontrolelys wat jy kan aflaai om met jou troubeplanning te help.
Video: Nico Panagio, Jo Black maak buiging in ‘Hotel’
Hier is ʼn voorsmakie van dié skreeusnaakse episodes.
Vroue, veral ma’s, steeds minder as mans betaal
Suid-Afrika het die wêreld se grootste salarisongelykheid. Vroue verdien steeds 28% minder as mans in die werkplek en ma’s verdien selfs minder as vroue sonder kinders.
Johannesburgse skool gesluit weens Covid-19
’n Laerskool in Morningside is gesluit weens die gevreesde nuwe koronavirus.
Beweerde molestering: NVG vra geduld
Die NVG sê hy het wel begrip daarvoor dat slagoffers soms gefrustreerd met die regstelsel voel, maar sake van geweld teen vroue en kinders moet as ʼn prioriteit hanteer word.
Man in hof oor bomdreigemente
Dié 47-jarige man is Sondag ná ʼn jaar lange ondersoek in hegtenis geneem.
Talle dood, vermis ná ‘isolasiehotel’ in China ineenstort
Mense is in isolasie in die hotel gehou weens Covid-19.
Onafhanklike ondersoek ná BLO-vliegongeluk
Fikile Mbalula het besluit om gehoor aan die families se versoek te gee.
Geregtelike ondersoek na toeris se dood op gholfbaan
’n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van sy dood bepaal.
Inkomstediens tref voorsorg teen Covid-19 by takke, grensposte
Jan Taks gaan onder meer handreinigers vir besoekers by al sy takke beskikbaar stel.
Eerste Covid-19-sterfte in Afrika
Die siekte versprei in dié stadium vinnig in die Midde-Ooste.
Vandag se sportnuus
UFC-grootbaas ontevrede met die Adesanya/Romero-hoofgeveg.
Wat as ons armoede ’n nekslag kan toedien?
Die bekende historikus prof. Hermann Giliomee het gesê daar kom tye wat ons nie bloot net kan aanvaar dat ons die armes altyd by ons sal hê nie, maar dat ons nodig het om stil te gaan sit en te kyk hoe armoede lyk. Hy is van mening dat mense soms só in armoede vasgevang is, dat hulle bloot net nie daaruit kan kom nie.
Nuuskommentaar: Word politieke korrektheid ’n groter of kleiner probleem?
’n Breë opvatting bestaan byvoorbeeld dat politieke inkorrektheid deur regses gebruik word om dinge vir die linkerkant van die politieke spektrum moeilik te maak.
Oudlede van die valskermeenheid gesels saam
Daar is min ouer mans wat nie ’n staaltjie het om te vertel oor hul verpligte diensjaar in die destydse militêre mag nie. Sommige van hulle praat makliker oor hul ervarings as ander. Dan is daar die parabats, of sogenaamde valskermsoldate – hulle was in ’n ander klas.
Ondersoek na Enock se dood afgehandel
Dít volg dae nadat die forensiese verslag bevind het dat die skool nalatig en roekeloos opgetree het gedurende die skoolkamp waartydens Enock verdrink het.
Resep: Pynappelbier
Dis maklik om jou eie bier te maak. En met slegs vier bestanddele!
Reusesoektog ná Kaapstad-skietery 6 eis
Volgens die polisie het die mans net wild begin skiet nadat hulle Sondag in die vroeë oggendure die huis binnegegaan het.
Covid-19: Stappe gedoen oor vrou wat lieg, stemboodskap
Twee provinsiale departemente van gesondheid gaan onderskeidelik stappe doen teen ʼn vrou wat gelieg en gesê het sy het die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak onder lede, asook nóg ʼn vrou wat fopnuus oor die virus versprei het.