Dié viersterhotel bied talle luukshede vir gaste waaronder drie restaurante, vier swembaddens en ’n gholfbaan.
Alles vir Vrydag 13 Maart 2020
Hoe lyk Hollywood: ‘The Bachelor’ se skokkende finaal; Disneyland maak toe oor koronavirus
Maroela Media bied jou ʼn opsomming van dié week se jongste internasionale vermaaknuus.
Wat is die beste begrotingsbuksie?
Wat is die beste goedkoop karretjie? Hier is ‘n vergelyking van die vyftien goedkoopste buksies in Suid-Afrika onder R200 000.
Een oor ‘eenhoring’-hond steel harte
Die personeel by die veearts het Rae die “golden unicorn” begin noem.
Hospitaal ontslaan gestremde sonder om te opereer
Boshoff moes ʼn aand lank met ʼn gebreekte enkel in ʼn rolstoel slaap terwyl hy vir ʼn bed gewag het.
SA se Bezuidenhout tweede toe The Players-kampioenskap afgelas is
“Dit is baie frustrerend as jy ’n ronde van 65 in jou Players-kampioenskapsdebuut gespeel het en dit nie tel nie.”
DA Vrydag hof toe oor ontbinding van Tshwane-metro
Intussen het verskeie ANC-ringkoppe die hoofstad vandeesweek besoek omdat hulle glo die besluit om die metroraad te ontbind, self aan inwoners wil verduidelik.
Helpende Hand skakel (goedkoper) lig aan by ouetehuise
“Jy kan letterlik die lig in iemand se lewe wees, maar meer nog, deur die projek laat jy nie net die donkerte vir een persoon verdwyn nie, maar vir ʼn hele tehuis en ʼn groter gemeenskap.”
Nuuskommentaar: Hoe groot moet ons skrik?
Fopnuus blaas die histerie oor die koronavirus aansienlik aan.
Zondo hoor oor magstryd by Prasa
Die destydse raad het veral belanggestel in ʼn reusekontrak van R51 miljard om nuwe treine aan te koop, maar Lucky Montana het versuim om besonderhede daaroor te verskaf.
Covid-19: Absa-personeel in kwarantyn
Wits se departement van gesondheid is boonop gesluit nadat ʼn student in kontak was met ʼn pasiënt wat die koronavirus het.
Vandag se sportnuus
The Players-gholftoernooi en die Australiese Grand Prix is weens Covid-19 afgelas.
Resep-video: Karamelkaaskoek
Amper geen afmetings is nodig vir hierdie maklike kaaskoekresep nie!
Boek: Môre as ons groot is
Vier jong mense staan op die grens van hulle grootmenslewe. Liza, Quin, Noku en Wayne kom elkeen uit verskillende agtergronde en die toekoms lyk ook vir elkeen van hulle anders.
Fabriekswerker bygebring ná elektriese skok
Paramedici kon daarin slaag om ʼn polsslag by die man te herwin.
Polisiebeampte in hof oor vals reiseise
Die polisiestasie het op ʼn betaalstrokie opgemerk dat die klere wat geëis word, op ʼn dag aangekoop is waarop die polisiebeampte veronderstel was om in die hof te wees.
Koeberg dán weer in diens
ʼn Foutiewe pomp by die Koeberg-kernkragsentrale het Eskom vroeër vandeesweek genoodsaak om fase 4-beurtkrag in te stel.
Gedagte vir die dag: Wysheid
My seun … hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. (Spreuke 2:1-2)