ʼn Video van ʼn juffrou wat aan haar voorskoolkinders verduidelik hoekom dit belangrik is om jou hande te was om jouself teen kieme te beskerm, is baie gewild op sosiale media.
Alles vir Maandag 16 Maart 2020
Koronavirus: 10 redes om nie paniekerig te wees nie
Dit sal verkeerd wees om te sê daar is goeie nuus uit Covid-19, maar daar is tog ʼn rede vir optimisme; redes om te dink dat daar maniere is om die virus te beheer en te oorwin. En lesse wat ons vir die toekoms kan leer.
Minister sê oor parool vir Janusz Walus
Volgens Lamola het hy die hofuitsprake in ag geneem asook Walus se omstandighede en terugvoer van die Hani-familie en die SAKP.
10 soorte kos wat virusse help beveg
Dié kossoorte versterk natuurlik jou immuunstelsel en maak jou minder vatbaar vir virusse soos die koronavirus.
Brand teen Tafelberg-hang onder beheer
Hoewel geen vlamme meer sigbaar is nie, word sekere dele van die gebied steeds gemonitor.
Nuuskommentaar: Nasionale ramptoestand, kommunikasie en die demokrasie – en ’n ander uitkyk
Min van dit wat Suid-Afrika nou met Covid-19 beleef, insluitend die afkondiging van die ramptoestand, is werklik nuut en dit sal Suid-Afrikaners loon om behoorlik, en korrek ingelig te wees.
Geldsake voor jy in die huwelik tree
Ongeag jou ouderdom of die tipe troue waarop jy besluit het, is daar belangrike geldsake wat jy in ag moet neem voor jy in die huwelik tree.
Twee renosterstropers doodgeskiet
Met behulp van slim tegnologie kon die stropers betyds vasgetrek word.
God se smokkelaar getuig oor wonderwerke
Andrew van der Bijl, ’n doodgewone Hollandse man met ’n beskeie agtergrond, kan op 92-jarige ouderdom terugkyk op ’n lang pad vol avonture as God se smokkelaar. Jy staan boonop die kans om ‘n eksemplaar van sy boek te wen!
Dek jou versekering skade weens Covid-19?
Baie ondernemings vra nou of hulle gedek word deur die sake-ontwrigtingsklousules vir verliese weens Covid-19.
Vandag se sportnuus
Vanaand se Varsitybeker-wedstryde ook afgelas.
Resep: Kerrienoedelslaai met feta
Dié gereg is ʼn treffer!
Beurtkrag: Só lyk vandag se vooruitsig
Eskom het Sondagaand gesê sy opwekkingstelsel het oor die naweek herstel getoon.
Motors brand uit op Leeukop
Huise is beskadig en minstens vyf motors het uitgebrand toe ʼn brand Sondag in die omgewing van Tafelberg uitgebreek het
Limpopo-polisiestasie in brand verwoes
Die Matlala-polisiestasie in Limpopo is Sondagmiddag verwoes toe ʼn brand uitgebreek het.
Openbare Paasfeesvieringe by Vatikaan gekanselleer
Pous Franciskus sal nie enige openbare vieringe van Paasfees lei nie weens die uitbreking van die koronavirus, het die Vatikaan Sondag gesê – ʼn ongekende besluit in die moderne tyd.
Een sterf in KZN-vliegongeluk
Die Burgerlike Lugvaartowerheid se ongeluk-en-insidentondersoekafdeling (AIID) stel ondersoek in na ʼn vliegtuigongeluk Sondagoggend in Umkomaas, KwaZulu-Natal.
Gedagte vir die dag: ’n Boodskap van Hom
Die woord van die Here het ’n tweede keer tot Jona gekom: “Maak klaar, gaan na die groot stad Nineve toe en spreek hom aan met die boodskap wat Ek jou sal gee” (Jona 3:1-2)