Ja, mense is op hul knieë, want hulle kan nou nie meer op hulself staatmaak nie. Is dit ’n ramp? Ja. Maar daar is ook hoop. Daar is saamstaan en daar is saambid.
Alles vir Dinsdag 24 Maart 2020
Mpumalanga-polisie onderskep vier busse vol Japanse burgers
Daar is aanvanklik vermoed die busse vervoer Chinese toeriste.
Britse pers sê Siya is onder die beste toetskapteins
Een skrywer het egter g’n plek vir Nieu-Seeland se Richie McCaw nie; sê dat selfs sy ouma die All Blacks met meriete sou kon lei.
Landwye afsondering ‘regte ding om te doen’
“As ons nie nóú hierdie opoffering maak nie, sal ons op die lange duur ʼn baie groter prys betaal.”
Vandag se sportnuus
Faf kry weer ’n nasionale kontrak, Heinrich egter steeds nie nasionaal gekontrakteer nie.
Resep: Bloukaas-en-botterskorsiehappies
Beproef gerus dié nuwe resep terwyl jy in isolasie is!
Boek: Manjifieke Mier
ʼn Klein miertjie vind sy kragtige stem in dié kleurvolle boek wat daaroor handel dat niemand bloot op voorkoms beoordeel moet word nie.
Rihanna skenk miljoene om Covid-19 te beveg
“Dit maak nie saak wie jy is en waar jy vandaan kom nie, hierdie pandemie raak ons almal.”
Covid-19-samevatting: ‘Dis-Chem perk klante in’
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) waarsku dat die Covid-19-pandemie versnel met meer as 300 000 gevalle oor die hele wêreld aangemeld.
Só lyk kanse vir beurtkrag Dinsdag
Eskom maak tans gebruik van sy noodreserwes.
Gedagte vir die dag: “Hier is ek, Here”
Toe sê die Here vir hom: “Gaan daarheen, want Ek het hom gekies as my werktuig om my Naam uit te dra onder die heidennasies en hulle konings en ook onder Israel. Ek self sal vir hom wys hoeveel hy vir my Naam moet ly.” (Handelinge 9:15-16)