Alles vir Woensdag 25 Maart 2020

Nuuskommentaar: Asterix en Obelix nou ‘wees’

Dié week is die oorspronklike kunstenaar van die Asterix-reeks oorlede, nadat die oorspronklike teksskrywer reeds in 1977 die aanhangers ontval het. Waar Asterix-hulle in ’n alewige stryd teen die Romeinse besetter gewikkel was, sou geredeneer kon word dat hul diepsinnige humorsin nou ’n belangrike verweer vir vandag se mense sou wees om weerbaar te wees teen hedendaagse bedreigings soos Covid-19.