Die Atterbury-teater en Optog! se laaste e-konsert word op 12 April aangebied.
Alles vir Donderdag 9 April 2020
Pandemie skep nuwe vrae oor Europese integrasie
Terwyl die koronakrisis in Europa afspeel en verskillende lande verskillend op die pandemie reageer, ontstaan ernstige vrae oor hoe volhoubaar Europese integrasie werklik is.
Aitsa-toekennings uitgestel weens Covid-19-pandemie
Die organiseerders wil ook verseker dat die belange en die gesondheid van kunstenaars, produksiespanne en toeskouers ten alle koste eerste gestel word.
Redakteursbrief: Die storie van ʼn dooprokkie, ʼn oorlogfoto en twee geborduurde sakdoekies
“Ek kyk terug na die mense wat deel van my geskiedenis is; na die tragedies, oorloë, depressies, siektes en rampe wat hulle oorleef het, en hoe hulle aan die ander kant uitgekom het – beter mense, omdat hulle geweet het waar hulle krag vandaan kom.”
WVF verslap bepalings tydens afsonderingstydperk
Om beweging van mense en kontak tussen hulle te beperk, sal mense nou ʼn SMS ontvang om hul werkstatus en bankbesonderhede te bevestig.
Foto’s: Ontploffing rig skade aan by Amsa-aanleg
Die ontploffing het Woensdagaand plaasgevind.
Netcare se St. Augustine-hospitaal tydelik gesluit
Tot dusver is 66 gevalle van Covid-19 en vier verwante sterftes by die hospitaal bevestig.
Afsondering: Wat beteken dit vir geskeide ouers en hul kinders?
Ouers moet deel van die oplossing wees en nie deel van die probleem nie. Ouers moet verantwoordelik optree en saamwerk en so ’n voorbeeld vir hul kinders stel. Slegs as almal (ouers ingesluit) saamwerk, sal ons die wa deur die drif trek en ’n veilige en virusvrye toekoms vir ons kinders daarstel.
Coenie de Villiers terug met nog ‘stories wat saak maak’
“Dink Larry King met ʼn skeutjie Stories wat saak maak,” skerts Coenie de Villiers oor dié program.
Wêreldmotor van die jaar-kategoriewenner kom wel na SA
Twee van die kategoriewenners is ongelukkig nie in Suid-Afrika beskikbaar nie. Een van die ander kategoriewenners is egter reeds in Suid-Afrika en die ander een is op pad.
Tweede verdagte vas ná moord op skoolmeisie
Die meisie het toe glo weer teen 17:00 se kant winkel toe gestap, maar nooit teruggekeer huis toe nie.
Olimpiese roeiers ‘zoom’ steeds voort
Suid-Afrika se voorste roeiers gebruik ’n rekenaarprogram om met hul fiksheid én kameraderie te help.
Meer as R3 miljoen ingesamel vir noodfonds
Behalwe vir die derduisende rande wat groter maatskappye geborg het, het honderde klein bydraes van gewone mense ingestroom.
Laerskoolseun doodgeskok
Petré se ouma het paramedici verwittig dat daar ʼn fratsongeluk was en dat haar kleinseun nie asemhaal nie.
Woordsoorte: Konteks is koning
Dit is ons taak, as studente van die taal, om self te bepaal wat met woorde in ander sinskontekste gebeur, skryf Sophia Kapp.
Springbok-vaskopstutte: die manne met die blomkoolore
Die manne is nie die skouponies van rugby nie en van hulle, soos Jannie du Plessis, het in 70 toetse en 149 Superrugbywedstryde nog nie ʼn drie gedruk nie. Hulle is die ysters van rugby, die ankers van die skrum.
Skote klap buite bekende prokureur se huis
Dit is nie die eerste keer dat die prokureur gedreig word nie.
Paasfees: Bybelstudie tydens afsondering
Dink daaroor na aan wat Jesus vir jou gedoen het op Golgota. Dank die Lam van God, wat in jou plek God se vloek moes verduur.
Ons moet nóú al op post-korona voorberei
Die wêreld gaan ná die koronapandemie wel anders lyk – maar dit gaan nie ’n ander wêreld wees nie.
Afsondering: Tukkies vang aanlyn graad
“Dit is verstaanbaar waarom ons op só ʼn wyse ons grade moes kry, maar ek sal steeds die ware plegtigheid wou ervaar.”