Die minister van gesondheid het Sondagaand die jongste Covid-19-statistiek vir Suid-Afrika bekendgemaak.
Lees meerAlles vir Sondag 12 April 2020
Kyk Andrea Bocelli se gratis aanlyn Paaskonsert
Die sanger en liedjieskrywer Andrea Bocelli gaan Sondagaand regstreeks ʼn gratis konsert aanbied.
Nicole Holm oor rol in derde seisoen van ‘Fynskrif’
“Louis was baie slim om ʼn buitestander by die derde seisoen in te bring, want aan die einde van die tweede seisoen is die firma en sy mense so te sê aan skerwe.”
Video: Renoster bokspring vir sy bewaarder
ʼn Oulike video beeld die oomblik uit wat ʼn renoster opgewonde was om weer sy bewaarder te sien.
26 het Covid-19 in Oos-Londen-tronk
Altesaam 26 persone by die Medium C-vrouesentrum in Oos-Londen het positief getoets vir Covid-19. Nog uitslae word verwag van persone wat getoets is.
Só lyk Covid-19-getalle in Gauteng
Die departement van gesondheid in Gauteng het Sondag ʼn uiteensetting gegee van die verspreiding van die nuwe koronavirus (Covid-19) in die provinsie.
Bewerings van verkragting by tydelike skuiling
Die vroue- en kinderregteorganisasie #NotInMyName het gesê bewerings dat ʼn 18-jarige meisie op Goeie Vrydag by ʼn tydelike skuiling in Strandfontein in die Wes-Kaap verkrag is, is uiters kommerwekkend.
Bonteheuwel: Die mooi, te midde van ’n pandemie
“Die sleutel tot hierdie sukses,” sê McKenzie, “is eenheid, want as ’n gemeenskap is ons sterk.”
Dís hoekom soetrissies goed is vir jou
Soetrissie was voorheen ʼn nisproduk en baie mense het nie daarvan gehou nie, maar nou raak dit ál meer bekend en gewild.
Springbokhakers: Wie kan kers vashou by Bismarck?
Hy is kliphard en vurig. Ja, soms te oorywerig, maar vra maar vir sy teenstanders teen wie hulle nie wou speel nie.
Simfonie of kakofonie?
Rampe, epidemies en paniek herinner ons telkens dat die geskiedenis ʼn getuie is van God se volgehoue oproep tot bekering wat gerig is tot sy volk en die nasies.
Wes-Kaap vra verskeie uitsonderings op afsonderingsreëls
Die Wes-Kaapse regering het ‘n amptelike versoek gerig aan die nasionale regering om verskeie van die handelsbeperkings wat weens die koronavirus opgelê is, af te skaf – insluitend die verkoop van sigarette.
Video: Trompetgeskal weerklink in Pretoria
Die trompetgeskal sal ook om 13:00 en om 18:00 weerklink.
Sportmanne in afsondering: Hop, hop, hop sink Pollock sy kolhou
Die afsonderingsperiode beteken nie dat sportsterre nie steeds hul toorkunsies kan uitstal of uitdagings van ander sportsterre kan aanvaar nie.
Sussies en vriendin verdrink in die Oos-Kaap
Die soektog na die meisies se liggame duur voort.
Yslike bedrag betaal vir handgeskrewe ‘Hey Jude’-lirieke
Paul McCartney het die lirieke in ʼn swart kokipen geskryf en dit gebruik toe die liedjie in 1968 in Londen se Trident Studios opgeneem is.
Suid-Korea wil self-isolasie met armbandjies monitor
Suid-Korea beplan om van elektroniese armbandjies gebruik te maak teen diegene wat self-isolasiereëls oortree te midde van pogings om die verspreiding van die nuwe koronavirus te bekamp.
Permitte bekom om droogtehulp by boere af te laai
“Die droogte is in dié stadium ‘n groter kopseer vir ons boere as wat die virus is. Die boere sukkel om te oorleef en vee vrek daagliks.”
Taxibedryf gemaan om aan Covid-19-reëls te voldoen
Mosebenzi Zwane, die voorsitter van die portefeuljekomitee oor vervoer, het ʼn beroep op leiers in die taxibedryf gedoen om met die regering saam te werk om die Covid-19-reëls toe te pas.
Vyf in hof oor drie moorde
Vyf mans sal Vrydag weer in die hof verskyn op aanklag dat hulle drie mans in Hebron naby Ga-Rankuwa tydens ʼn boendoehof-aanval vermoor het.