Die KwaZulu-Natalse premier het aangekondig dat mense wat in dié provinsie positief toets vir Covid-19, nie toegelaat sal word om tuis in kwarantyn te bly nie.
Alles vir Woensdag 22 April 2020
Gedig: Babushka
“Jy staan voor my: ʼn klein Babushka op die laaikas – agtergelaat saam met een stukkende oorbel, ʼn leë lipstifdoppie, ʼn verslete trui en verbleikte foto’s …”
Ons mis die kinders baie, sê skoolafrigters
Maroela Media het by afrigters van laerskool- en hoërskoolspanne in dié onsekere tye gaan aanklop.
Hulppakket: Enorme druk op SA se beursie
Minstens een kenner waarsku dat Suid-Afrika geensins die hulppakket van R500 miljard kan bekostig nie.
Podlitiek: Misdaad groei, olieprys gesnoei, en inperking gestoei
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die toename in seker soorte misdaad, die olieprys se ongekende laagtepunt en daar word gepraat oor pres. Cyril Ramaphosa se opsies rakende die afsonderingstydperk.
Dodetal styg steeds na massaskietery in Kanada
Die aanval se jongste slagoffers sluit in ’n tiener, ’n swanger gesondheidsorgwerker en ’n polisieveteraan.
Video: Slimste plan as jy hond se naels moet knip
ʼn Troeteldiereienaar het ʼn baie slim plan op sosiale media gedeel om jou hond se naels te knip as jy hulle, tydens die afsonderingsperiode, tuis moet versorg.
Boekvoorlesing: Die Bergengel
Carina Stander lees ʼn gedeelte uit die eerste boek in haar ‘Bergengel’-trilogie voor. Luister hier na “Die Bergengel”.
Minister betaal skulderkenningsboete
Minister Stella Ndabeni-Abrahams het ʼn skulderkenningsboete betaal vir haar oortreding van die afsonderingstydperkregulasies.
Nuuskommentaar: ‘ ʼn Stap in die regte rigting’, maar wat van korruptes?
Wat is die kanse dat Suid-Afrika se korruptes die geleentheid sal laat verbygaan om hulself mildelik te help aan die beoogde R500 miljard wat die regering beplan om te leen om die land se ekonomie na die Covid-19-ingrendeling op die herstelpad te kry?
Polisiebeampte, veiligheidswag vas na diefstal by drankwinkel
Boewe het Sondag in die vroeë oggendure toegeslaan.
Covid-19-samevatting: Amerikaanse deelstaat dagvaar China
Intussen is meer as 5 000 buitelanders die afgelope maand uit Kaapstad na hul onderskeie tuislande gerepatrieer.
Kurt, Elandré, Van Coke hou aanlyn konsert
“Die beste ding omtrent hierdie webvertoning is dat al die ondersteuners van reg oor die wêreld op dieselfde tyd saam na ’n vertoning kan kyk.”
Afsondering: Formele sektor swaar getref – StatsSA
Omtrent die helfte van ondernemings wat aan die opname deelgeneem het, moes tydelik hul deure sluit.
Koronavirus: Tussen Scylla en Charybdis…
En dus staan regerings nou voor ’n yslike dilemma. Hulle moet tussen Scylla en Charybdis deurskuur, skryf Leopold Scholtz.
Nog duisende weermaglede tot Junie ontplooi
’n Dokument word gesirkuleer waarin onthul word dat die lede tot einde Junie ontplooi word.
Foto’s: Victoria-waterval sterkste in 10 jaar
Daar vloei tans vier keer meer water oor dié waterval as dieselfde tyd verlede jaar.
SA se Motor van die Jaar is…
Suid-Afrika se Motor van die Jaar vir 2020 is Dinsdagaand tydens ‘n regstreekse uitsending aangewys.
Reaksie op hulppakket: Aankondiging verwelkom, maar …
Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging van ʼn R500 miljard-stimuluspakket is grootliks verwelkom, maar korrupsie, ongelykheid pla steeds.
ʼn Veranderende wêreld vra vernuwende denke
Die AP Akademie is gereed om tersiêre opleiding te bied in uitdagende omstandighede soos wat nou heers.