Die Wes-Kaap is steeds die episentrum van die virus in Suid-Afrika.
Lees meerAlles vir Saterdag 25 April 2020
Uitstel vir SAL-werkers oor skeidingsooreenkomste
Die lugdiens is al vyf maande in sakeredding en die R5,5 miljard finansiering wat in dié tydperk ontvang is, was reeds teen Maart opgebruik.
Man op kleinhoewe vas vir ongelisensieerde wapens
Volgens die polisie was sommige van die wapens onder ʼn matras versteek.
Covid-19: Honderde in Gauteng het reeds herstel
Die getal sterftes in die provinsie staan op agt.
Voortrekkermonument ‘sal oorleef’
Die direksie van die monument sê ná beraadslaging met kundiges het hy besef sy bestaande sakemodel – waar toerisme een van die grootste inkomstebronne was – sal ingrypend aangepas moet word.
Afsondering: Aanbidders in hegtenis
ʼn Lid van die publiek het die polisie bedag gemaak op die groep wat byeengekom het.
Sakeliga bekommerd oor ‘regulatoriese oordaad’
Die organisasie waarsku dat Suid-Afrika die gevaar van ʼn ekonomiese en maatskaplike ramp loop.
Vlak 4: Dís wat jy kan verwag
Daar was darem heelwat goeie nuus in die aankondiging oor wat presies die verslapping in afsonderingsregulasies gaan behels.
Ontdek die reis in en om jou huis
“Dit drup-drup nog so effens, toe gaan ek al buitentoe. Ek kan nie meer wag vir die son nie. Dit is jammer dat dit reën – veral nóú in die afsonderingstydperk. Ek wil so graag buite braai en kuier saam met my huismense.”
Afsondering: Dié bedrywe mag heropen
Patel het gesê daar word in die stadium op primêre bedrywe gefokus.
Van rugbystadions en nog wat
Een van ʼn kind se blywendste grootoog-oomblikke is sy eerste besoek aan Loftus Versfeld, Ellispark of enige ander groot rugbystadion, of soos hulle deesdae sê, nuwe meerdoelige stadions.
Afsondering: ‘Opoffering, nie straf’
ʼn Klokreël is volgens die minister een van die bepalings wat van volgende week af gaan geld.
Swaarder straf vir pa wat eie seun doodskiet
Die hooggeregshof het bevind die landdros het onder andere te min klem gelê op die erns van die oortreding.
Drie van die Bestes hou e-konsert
Raak die reis van die sitkamer na die kombuis nou vervelig? Optog! sorg weer die naweek vir opwinding in jou woonkamer met ʼn e-konsert deur Drie van die Bestes.
Tien vas wat glo selfoontoringbatterye, toerusting steel
Die toerusting is in die Hankey-omgewing gebuit.
WVF bekommerd oor onvolledige aansoeke
Tot dusver het 77 000 werkgewers aansoeke ingedien.
Video: Janie Bay vra vergifnis met jongste enkelsnit
“Met hierdie liedjie en ook die video deel ek my gevoelens oop en bloot. Dit is nooit te laat om jammer te sê nie.”
Twitter stuit samesweringsteorieë oor 5G
Die besluit kom na oproepe op sosiale media wat gelei het tot aanvalle op 5G-torings.
Potensiaal in die pandemie en geleentheid ná die staat van afsondering
Krisistye skep telkemale die ideale omstandighede met besonderse potensiaal om nuwe innovasie en vooruitgang te bewerkstellig.
Covid-19-samevatting: Byna 20 000 in Engeland sterf
Intussen het pres. Donald Trump se terloopse opmerking oor ontsmettingsmiddel groot kommer oor moontlikheid gesondheidsrisiko’s veroorsaak.