Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Maandag die jongste statistiek vir Covid-19-gevalle in Suid-Afrika bekendgemaak.
Lees meerAlles vir Maandag 27 April 2020
Covid-19: Raskriteria-saak Dinsdag in hof aangehoor
Solidariteit en AfriForum sal Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof bymekaar kom oor die departement van toerisme se besluit om ras as kriterium vir die toekenning van hulp, tydens die Covid-19-krisis, te gebruik.
ToekomsVenster: En vergewe ons soos
Is daar iemand met wie jy moet vrede maak? Doen dit voordat dit te laat is. Wees haastig om dinge uit te praat en tot ʼn vergelyk te kom. Oefen om gou jammer te sê.
Covid-19-toetsing in Gauteng opgeskerp
Die Gautengse departement van gesondheid sal vandeesweek siftingstoetse en toetsing vir Covid-19 in die provinsie opskerp om so veel as moontlik mense te bereik.
Covid-19-gevalle styg in tronke
Die departement van korrektiewe dienste het Maandag bevestig 129 gevalle van Covid-19 is tot dusver by korrektiewe sentrums aangemeld.
Video: 1 000 SA’ners sing die volkslied
ʼn Video van een duisend Suid-Afrikaners wat die volkslied sing is op sosiale media vrygestel as deel van #AnthemChallengeRSA.
Wes-Kaap laat ook sy stem hoor oor Covid-19-strategie
Verskeie maatskappye in die Wes-Kaap het Maandag insette gelewer oor die regering se Covid-19-risikoaangepastestrategie.
Sewe aangekeer oor diefstal by Limpopo-skole
Sewe verdagtes is Sondagaand in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag dat hulle by skole en residensiële geboue ingebreek het.
Video: Blou Bul onthou sy briljante openingsdrie in 1998-Curriebekerfinaal
“Alles kom tot ’n stilstand en dit voel letterlik asof dinge rondom jou in slow motion afspeel. Ek glo dat baie rugbyspelers vir jou van hierdie tipe oomblikke kan vertel.”
Koue weer, storms dié week verwag
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Maandag in ʼn verklaring gesê gure weer word tot Woensdag verwag oor die sentrale en oostelike deel van die land.
Tsjernobil-veldbrande woed voort
Meer as ʼn duisend brandbestryders was Sondag, op die 34ste herdenking van die kernramp, steeds in die uitstralings-besmette Tsjernobil-uitsluitingsone, om veldbrande onder beheer te bring wat al weke lank voortduur.
Voorstelle ingedien sodat gesonde persone kan terugkeer werk toe
“Die fokus moet nou skuif na die balans tussen ekonomie en gesondheid – ons kan beide aanspreek deur gesond te werk.”
Só het die wind destyds in rugbywedstryde gewaai
Tuisveldvoordeel was jare gelede enige rugbyspan se grootste bondgenoot, dit was soos manna uit die hemel. Van skool- en klubvlak af, want wanneer jy tuis gespeel het, het jy geglo dat die telling met die afskop reeds 15-0 in jou guns was …
Covid-19-samevatting: Italië se skole tot September gesluit
Skole in Italië sal tydens die somervakansie gesluit bly en eers weer in September oopmaak, het die eerste minister gesê.
Vyf vas wat hulle as polisie, paramedici voordoen
Die polisie in Gauteng het vyf persone in Gauteng in hegtenis geneem op aanklag dat hulle hulself as polisiebeamptes, ‘n soldaat en paramedikus voorgedoen het.
Dawie Roodt: Die goeie en slegte van die R500-miljard-stimuluspakket
Nou sit ons met ’n president wat aanhou grawe aan sy eie graf, want daar bly bitter min ander opsies vir hom oor.
Plaaswerker vas wat glo onwettige jagter doodskiet
ʼn 32-jarige man, ʼn werknemer op ʼn plaas buite Lephalale (Ellisras) in Limpopo, is in hegtenis geneem op aanklag dat hy ʼn 30-jarige vermoedelik onwettige jagter doodgeskiet het.
Nuuskommentaar: Sien ons nou die voortekens van ’n staatsgreep?
Wat is die kanse dat daar ’n staatsgreep in Suid-Afrika en/of die VSA gaan plaasvind? In sommige voorbeelde word in die twee lande sterk argumente uitgemaak dat dit wel op hande kan wees, maar dit blyk steeds onwaarskynlik.
Musiekvideo: Carma se ‘Oase’ voed jou siel
Met hierdie liedjie wil Carma mense se harte aanraak met die boodskap dat elke donker tyd tog met groei gepaardgaan.
217 Kubaanse dokters kom in SA aan
Pres. Cyril Ramaphosa het 217 mediese professionele persone van Kuba verwelkom wat Maandag in Suid-Afrika aangekom het om die land te help in die stryd teen die Covid-19-pandemie.