In hierdie week se episode gesels Wiele2Wiele onder meer met Toyota Suid-Afrika oor sy onmiddellike planne rakende die Covid-19-pandemie en daar word gekyk na die wenners van AutoTrader se Motor van die Jaar-kompetisie.
Alles vir Dinsdag 28 April 2020
Motorbedryf wil ook weer sake doen
Rolspelers glo dat dit van kardinale belang is om die motorbedryf weer op 4 Mei aan die gang te begin kry.
Vryheidsdagtoespraak: ‘Steek hand in eie boesem, Ramaphosa’
“Die agteruitgang van Suid-Afrika het voor die koronavirus begin. Die virus het dit net blootgelê.”
Wees ´n barmhartige samaritaan gedurende die Covid-19-krisis
Talle welsyn- en liefdadigheidsorganisasies kan jou tyd en geld gebruik om seker te maak dat die kwesbaarste mense in Suid-Afrika tydens die Covid-19-pandemie steeds versorg word.
Man in hof ná ‘stroper’ se skietdood
Barend Steyn het Dinsdag in die hof verskyn waar hy om borgtog aansoek gedoen het.
Afsondering: Gereformeerde Kerk vra dat kerkbyeenkomste voortgaan
Die kerk versoek dat een byeenkoms van tien gemeentelede op Sondae toegelaat sal word.
Boek: Pootjies
“Pootjies” is ʼn opbeurende verhaal van ’n verlore klein hondjie en sy soeke na ’n heenkome. Dit is ʼn prenteboek en is geskik vir kinders tussen drie en agt jaar.
Pasgeborene buite kompleks gekry
Die baba was in ʼn plastieksak toegedraai.
Covid-19: Gesondheidswerkers berei voor vir moeilike winter
Kenners voorspel die aantal Covid-19-gevalle in Suid-Afrika gaan toeneem wanneer die algehele landwye afsondering geleidelik opgehef word.
Owerhede slaan toe op private veiligheidsmaatskappye
Talle veiligheidsbeamptes en direkteurs van private veiligheidsmaatskappy is in hegtenis geneem.
Lesersbrief: Ons bid vir julle
Terwyl ek terugry, word ek by die derde padblokkade gestop. My moed is in my skoene en ek sien al hoe gaan ek vandag êrens in ʼn sel sit – geboei en ʼn hele paar rand armer.
Luister: ‘Toks ʼn Tjops’ se Sjef Vaatjie woeker in die kombuis
“As ʼn klein seuntjie het ek by my ouma in Kimberley gaan kuier, en het ek gesien hoe Ouma koekies bak en al daai lekker dinge doen. Dan dink ek by myself: ‘Jis dit lyk lekker’, so ek het my ouma gevra om my te leer.”
Besigheidsbytjies se sakeplan: Bemark jou onderneming
In die vorige artikels het ons wenke gedeel oor hoe jy jou besigheidsidee kan ontwikkel en jou besigheid kan beplan. Hier is ’n paar wenke oor hoe jy jou besigheid nou kan bemark.
Theuns Eloff bedank by FW de Klerk-stigting
Bepaalde gebeure vanjaar het Eloff gedwing om sy voortgesette betrokkenheid by die stigting te heroorweeg.
Koronavirus is kleurblind, maar die ANC nie
Terwyl Ramaphosa en sy regering gepleit het vir besigheidsmense en privaat individue om al hul werknemers en alle lede van hul gemeenskappe te ondersteun, het hulle self agteraf aan ’n ander plan geskaaf, skryf DA-leier John Steenhuisen.
Nuuskommentaar: Versoening – twee briewe uit die hart
Met die inperking as gevolg van die Covid-19-pandemie spreek heelwat mense die hoop uit dat die ramp tot beter tussengroepverhoudinge sal lei, en is daar ook ’n versugting dat daar meer nasionale kohesie sal wees.
Spoegwolf, Heuwels pryk weer op Top-20
Die sanger en liedjieskrywer Ampie is saam met die groep in dié liedjie te hoor.
Soet en suur van Springbok Brent Russell
ʼn Mens wonder steeds in hoeveel toetse Brent Russell sou gespeel het as hy nie die blote klimtol van die Springbokspan tussen 2002 en 2006 was nie.
Man swendel glo duisende uit bejaarde
In ʼn ander voorval is ʼn man in hegtenis geneem wat glo die Rustenburgse munisipaliteit uit miljoene rande probeer swendel het.
Regerings skuldig aan roekelose nalatigheid oor korona
Die ironie is dat die meeste staatsleiers boonop vir hul nalatigheid “beloon” word met groter steun van ’n dankbare bevolking – die helde in die krisis waarvoor hulle medeverantwoordelik is!