Elkeen van die 13 rugbyafrigters wat die Springbokspan sedert 1992 afgerig het, sal sekere dinge vir altyd koester, en ander dinge so gou moontlik wil vergeet.
Alles vir die maand April 2020
Ingeperkte Suid-Afrika: ’n Karakterkrisis
Een so ’n geleentheid is om te kyk wie deelneem aan die skielik gewilde nasionale aktiwiteit van klikbek speel, skryf Ernst van Zyl.
Duisende boere doen aansoek om Covid-19-hulp
Die departement sê hy het reeds die aansoeke begin evalueer en hoop om dié proses teen 8 Mei af te handel.
R2 miljoen hupstoot vir hongersnood
Hierdie skenking sal gebruik word om 2 000 kospakkies oor die volgende paar dae aan behoeftiges te voorsien. Elke kospakkie kan ’n gesin van vier vir ’n maand voed.
Tronke te vol om sosiale afstand te handhaaf
Die departement van korrektiewe dienste het nou al 128 bevestigde gevalle van Covid-19 onder gevangenes en korrektiewe beamptes aangemeld.
Video: Topkunstenaars wil inspireer met bekende lied
Die video is in isolasie opgeneem en verwerk en is vandag (Donderdag) eerste op Maroela Media te sien.
Vandag se sportnuus
AB sê die gerugte dat hy genader is om die Proteas weer op die veld te lei, is ongegrond.
Slagoffer van plaasaanval skenk ruim tydens afsondering
Van Zyl was besig om haar kantoordeur op haar hoenderplaas te sluit om huis toe te ry, toe ses gewapende mans haar onverwags oorval het.
Boek: Afspraak met moord
“Afspraak met moord” ondersoek die opspraakwekkende Krugersdorp-moorde. Die boek vertel die verhaal van Cecilia Steyn wat haarself die “Bruid van Satan” genoem het. Cecilia het haar handlangers oorreed om 11 mense te vermoor in die naam van hul kastige stryd teen die okkulte.
Resep: Maklikste mieliebroodjie
Hierdie mieliebroodjie is ʼn heerlike bykos saam met braaivleis. Dit bevat min bestanddele en is baie maklik om te maak.
Tuisversorging en die virusuitdaging
Dra tuisversorgers, nes die res van gesondheidswerkers, in jul gebede aan die Vader op… en wees dankbaar as jy goeie gesondheid geniet.
’n Suid-Afrikaner vertel: In Switserland leef mense ook katvoet vir Covid-19
Die Malans is reeds vir jare werksaam in Switserland en woon in die klein dorpie Kanton Zürich. Hul gelukkige lewe in ’n skilderagtige omgewing is egter nou net so gedemp soos wat mense dit in Suid-Afrika en wêreldwyd ervaar.
Covid-19-samevatting: Meer as ʼn miljoen pasiënte het reeds herstel
Suid-Korea het boonop Woensdag geen nuwe gevalle van Covid-19 aangemeld wat plaaslik oorgedra is nie.
AfriForum gaan hof toe oor rassekriteria
“Asof dit nie oneties genoeg is dat die regering selfs in krisistye ʼn rasse-agenda bevorder nie, word die situasie vererger deur die minister se doelbewuste wanvoorstellings.”
Afsondering: ‘Vlak 4 verskil kwalik van vlak 5’ meen ontleders
“Die regering se strategie is uit voeling met die Grondwet, met internasionale reg en met beste praktyke elders ter wêreld.”
Gedagte vir die dag: Juig, aarde!
Die Here regeer, die aarde moet juig …! (Psalm 97:1)
Covid-19: Jongste statistiek bekendgemaak
Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Woensdagaand die jongste Covid-19-statistiek vir Suid-Afrika bekendgemaak.
Vlak 4: Dán mag jy gaan draf, maar steeds geen sigarette nie
Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Woensdag meer besonderhede verskaf oor riglyne wat van 1 Mei 2020 op koronavirus-vlak 4 sal geld.
Plaaslike bloubessiebedryf blom
Die produksie van die plaaslike bloubessiebedryf het in 2019/2020 tot 18 000 ton verhoog, van 11 700 ton in die vorige seisoen, het ʼn bedryfsvereniging Woensdag gesê.
‘Houdini’-beer ná 10 maande in Italië aangekeer
Hy het vroeër oor vier heinings geklim, insluitend een wat deur hoëspanningelektrisiteit beskerm word, om te ontsnap.