Die finansiëlediensteverskaffers First National Bank (FNB) en WesBank het Woensdag gesê hulle het sedert 1 April betaalvakansies op meer as 500 000 kredietooreenkomste vir nagenoeg 150 000 individue en sakekliënte goedgekeur.
Lees meerAlles vir Woensdag 6 Mei 2020
Luister: Griekwagebed – Psalm 11
Kom luister saam na ‘n Griekwagebed, voorgelees deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
VSA het meer as 20 miljoen poste in April verloor
Die VSA het in April ongeveer 20,2 miljoen poste verloor, aldus ʼn maandelikse verslag deur ADP, ʼn salarisstaatbestuursmaatskappy.
Kompetisietribunaal bevestig boetes vir Covid-19-prysverhoging
Die Suid-Afrikaanse mededingingstribunaal het ʼn skikkingsooreenkoms bevestig waarvolgens maatskappye, wat tydens die Covid-19-pandemie onregmatig pryse op onder andere gesigmaskers verhoog het, ʼn boete sal betaal.
Sewe in hof wat glo kitsbank wou oopblaas
Sewe persone het Woensdag in die Lenyenye-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en sameswering om ʼn kitsbank te beroof.
Covid-19-samevatting: Werknemer by Uniegebou toets positief
In Nigerië het ’n drywer ook die nuwe koronavirus opgedoen toe hy toetsmonsters vervoer het.
Uitspraak gelewer oor Covid-19-kwarantynkamp
“Hierdie mense was vir alle basiese doeleindes gevangenes. Die fasiliteit voldoen nie aan WGO-standaarde nie en boonop word mense teen hul wil daar gehou.”
ToekomsVenster: ’n Grendel-mentaliteit
Het jy ook nodig om van die grendel-mentaliteit ontslae te raak en vandag reeds inhoud te begin gee aan waarvoor die Here jou bestaan op aarde bestem het? Mag jy leiding en krag ontvang.
Veiligheidsbeamptes skiet ‘huisrower’ dood
“Die ander verdagtes het die donker in verdwyn.”
Die wêreld in foto’s – 6 Mei 2020
Só lyk die olifante wat sak en pak op pad is huis toe.
Covid-19 noop krieket om anders te dink oor bal poets
In die Covid-19-era kan die gebruik van spoeg en sweet taboe wees om die een kant van ’n krieketbal mee blink te poets. Met ander woorde, swaai kan iets van die verlede wees indien iemand nie met ’n slim plan vorendag kom nie.
Voertuigverkope neem voor inperking reeds af
Die mark het vir die jaar tot op datum reeds aansienlik gekrimp.
Restaurateurs waarsku oor ‘deur-tot-deur-aflewering’ van Covid-19
Die vereniging bevraagteken die besluit om tuisaflewering van etes toe te laat en maan dat dit kan lei tot vinniger verspreiding van die nuwe koronavirus.
Covid-19-geval by Koeberg aangemeld
Dit is nie die eerste werknemer van Eskom wat positief vir Covid-19 toets nie.
Batsa gaan nie meer hof toe oor tabakverbod
Batsa het die regering tot Maandag tyd gegee om die verbod op die verkoop van tabakprodukte op te hef.
Talle SA’ners op skepe per boot gerepatrieer
18 Carnival-skepe het in die gebiedswater van die Bahamas bymekaargekom om die bemanning van verskillende lande uit te ruil.
Luister in 3 minute: Verslag bereken verlore lewensjare weens inperking
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder by Sakeliga, ʼn verslag wat die verlore lewensjare weens inperking bereken het. Hy kyk ook na die gevolge van die rookverbod en die aankope-indekse wat wys sakevooruitsigte is besig om te tuimel.
SA’ners wag ure lank op lughawe
Die vlug is aanvanklik vertraag weens die tekort aan beskikbare kwarantyngeriewe in Suid-Afrika.
Regstreekse uitsending: Hoe gemaak met sentralisering van voedselskenkings?
Wat staan nie-winsgewende organisasies te doen om die regering se poging om voedselskenkings te sentraliseer, teen te staan? Maroela Media gesels drie kundiges hieroor. Volg die regstreekse uitsending Woensdag, 6 Mei 2020 om 14:00.
Vyfjarige motoris glo op pad om Lamborghini te gaan koop
ʼn Vyfjarige seun is onlangs voorgekeer toe hy met sy ouers se motor op pad was – glo om ʼn Lamborghini te gaan koop.