“Die bedryf is op sy knieë. Dié wat ons probleme aan die regering moet voorlê, besef nie regtig watter pyn ons deurmaak nie.
Alles vir Vrydag 8 Mei 2020
‘The Bachelor SA’: Top-vier word drie
“Ek het gedink ons vorige afspraak het goed gegaan, so ek het nie gedink ek gaan ʼn roos kry nie. Hy het nooit genoem dat iets fout was nie.”
Woord: Skobbejak
Waar kom ons aan die woord “skobbejak”? Taaltoffie stel ondersoek in
Aussies het respek vir Smith se SCG-heldedade
Ricky Ponting: “Dit was een van die dapperste dinge wat ek nóg op ’n krieketveld gesien het.”
Boek: Ter wille van jou
Christoff, ʼn eks-gevangene, kry werk in ʼn fabriek terwyl hy probeer om sy verlede te ontsyfer. Juanita, die dogter van die eienaar, vertrou hom glad nie en boonop dra sy ook swaar aan bagasie van haar verlede. Sal Christoff en Juanita hulself van die verlede kan losmaak?
SA sakevertroue laagste in dekades
Sakevertroue is op die laagste vlak sedert 1985.
Tonge klap oor hoe dié vrou tee maak
Gewoonlik is daar ʼn debat of mens jou melk voor of ná die teewater in die koppie gooi, maar dié vrou se metode vervul teeliefhebbers met afgryse.
Nuuslesers ‘verdwyn’ ná kritiek op sigaretverbod
Die nuuslesers het Dinsdag om verskoning gevra en het sedertdien nog nie weer in nuusuitsendings van die kanaal verskyn nie.
Afsondering veel meer as net ’n eieruitdaging
Sedert die aanvang van die afsonderingstydperk, het ek besluit om myself te isoleer en vir vyf dae te vas. My vrees vir hierdie onsigbare vyand het my tot op my knieë gedwing en ek en my dogtertjie van byna agt jaar bid elke middag om 12:00.
Aankondiging oor verhuisings verwelkom
Talle mense was die afgelope byna twee maande sonder enige meubels of ander huisraad gestrand nadat hulle verhuis het.
‘Swendelaar’ van Modimolle vas
Tydens die inhegtenisneming het die polisie op vervalste diamante, vervalste R200-note, juweliersware en metamfetamien afgekom.
So byna was ’n All Black en ’n Leeu Bokke
Van die bekendstes was die Ierse en Britse Leeus-skrumskakel John Robbie, die All Black-senter Grahame Thorne en die veelsydige All Black-voorspeler Alan Sutherland.
Walvis wat in tou verstrengel raak dopgehou
ʼn Inwoner van Scarborough het die walvis Woensdagmiddag opgemerk. Dit het gelyk of die walvis in nood verkeer en in ʼn tou verstrengel is.
Is permitte vir kos-uitdeel nodig en reg?
Dit lyk of regeringsinstansies dink dat hulle die beste weet waar die nood die grootste is en wie kos moet kry en wie nie, skryf Theuns Eloff.
Covid-19-samevatting: Toename in gevalle in Wes-Kaap ‘kommerwekkend’
’n Studie deur die WGO voorspel dat die aantal gevalle in Afrika wat mediese behandeling in hospitale sal benodig, die beskikbare mediese kapasiteit gaan oorskry.
Tim Theron praat oor Griekwastad-rolprent
“Die reaksie was geweldig positief en mense kon sien hoe sensitief ons met die storie probeer werk het.”
Resep-video: Oreo-fudge
Met net drie bestanddele het jy woeps-waps hierdie lekker fudge!
Vandag se sportnuus
Veelsydige Suid-Afrikaanse krieketspeler met Guillan-Barré-sindroom toets ook positief vir Covid-19: “Ek weet nie waarom al hierdie dinge met my gebeur nie.”
Hoe lyk Hollywood: Internet gons oor Musk-baba; nuwe ‘Twilight’-boek op pad
Maroela Media bied jou ʼn opsomming van dié week se jongste internasionale vermaaknuus.
Nuuskommentaar: Dit kan, nee, mag nie so aangaan nie
’n Ope brief van adv. Anton Alberts, nasionale voorsitter van die Vryheidsfront Plus, aan die Gautengse premier oor die voorgenome sentralisering van hulp aan noodbehoewendes kom ook vanoggend onder die vergrootglas.