Formule Een probeer steeds om planne te beraam om met die 2020-seisoen voort te gaan te midde van die Covid-19-pandemie en kan moontlik van renbane gebruik maak wat nie op die oorspronklike kalender geskeduleer is nie.
Lees meerAlles vir Saterdag 9 Mei 2020
Twee verkool toe tenkwa aan die brand slaan
Twee persone is dood tydens ʼn botsing Saterdagmiddag op die N2 naby die Mtunzini-tolplaza aan die KwaZulu-Natalse noordkus.
Covid-19: Dhlomo vra ingryping in die Wes-Kaap
Dr. Sibongiseni Dhlomo, voorsitter van die portefeuljekomitee oor gesondheid, het versoek dat die nasionale bevelsentrum dringend moet ingryp in die Wes-Kaap, aangesien die provinsie die episentrum geword het van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika.
Covid-19: Jongste statistiek bekendgemaak
Een van die sterftes in die Wes-Kaap was ʼn verpleegster by Tygerberg-hospitaal in Kaapstad.
Mantashe wil 2 500 MW kernkrag aanskaf
Gwede Mantashe, die minister van hulpbronne en energie, het Vrydag aan die parlementêre komitee planne aangekondig om 2 500 MW kernkrag aan te skaf.
Covid-19: Dié hospitale mag heropen
“Ons bedank die gemeenskap vir hul geduld en begrip oor die afgelope paar weke.”
Herdefinieer ‘naweek’ en geniet dit!
Vrae word op sosiale media gevra soos of dit regtig nodig is om te weet of dit Maandag of Saterdag is. Dit skep ’n dilemma vir dié wat van die huis af werk. Hoe onderskei jy tussen werktyd, rustyd en “ander” tyd?
Dief gevonnis, maar 250 jaar oue viool word steeds vermis
Die viool, vervaardig deur Nicolo Gaglianio in 1769, was byna R5,5 miljoen werd.
Mosambieker gevonnis oor koperdiefstal in Wes-Kaap
ʼn Man van Mosambiek is gevonnis op aanklag dat hy koperkabel van Telkom, ter waarde van ongeveer R100 000, gesteel het.
Afsonderingskrisis verdwerg Covid-19, sê aktuarisse
“Ons jongste beraming is dat Suid-Afrika se afsonderingsperiode lewensverlies van minstens 29 keer groter sal veroorsaak as die lewensverlies wat dit poog om te voorkom.”
Cyril, ons is nie kinders nie!
Nie net die toepassing nie, maar ook die wettigheid van baie van die inperkingsregulasies word nou ook uit hoë gestoeltes bevraagteken: Gee ons die redes, en wees redelik!
Direktief oor hernuwing van vuurwapenlisensies verwelkom
Lt.genl. Moeketsi David Sempe het vandeesweek onder meer bevestig dat vuurwapenlisensiëring nou toegelaat word en dat polisiekantore hernuwingsaansoeke van vuurwapenlisensies en bevoegdheidsertifikate moet inneem.
Parool aan 19 000 gevangenes ‘ondermyn die strafregstelsel’
ʼn Beroep word ook op die paroolraad, wat die moontlikheid van parool sal oorweeg vir die 19 000 gevangenes, om dit met absolute integriteit te doen en bo verdenking op te tree.
Resep: Sjokoladekoek
Bederf jou ma op Moedersdag met hierdie heerlike sjokoladekoek om haar te wys net hoe spesiaal sy is.
Regering se u-draai oor Staatsdienskommissie verwelkom
Die Demokratiese Alliansie het die regering se vinnige u-draai oor die Staatsdienskommissie (PSC) se status as ʼn noodsaaklike instansie, verwelkom.
Limpopo-tiener het glo sy pa vermoor
Die polisie in Sekgosese (voorheen Soekmekaar) in Limpopo is op soek na ʼn 17-jarige tiener wat daarvan beskuldig word dat hy sy 47-jarige pa vermoor en sy liggaam daarna aan die brand gesteek het.
89-jarige vrou in die Oos-Kaap vermoor
“Die buurvrou het by die ouetehuis gaan ondersoek instel waar die slagoffer gebly het, maar daar was nie enige reaksie nie.”
Vyf nuwe Covid-19-gevalle by tronke aangemeld
Die departement van korrektiewe dienste het Vrydag vyf nuwe gevalle van Covid-19 aangemeld. Dit bring die getal bevestigde gevalle by korrektiewe dienste op 177 te staan.
Afleggingsproses by SAL gestuit
Die metaalwerkersvakbond Numsa en die Suid-Afrikaanse kajuitbemanningsvereniging (Sacca) was suksesvol in hul aansoek in die hof om die afleggingsproses by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te stuit.
Covid-19: Nog 17 sterftes in SA aangemeld
Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Vrydagaand die jongste statistiek van Covid-19-gevalle in Suid-Afrika bekend gemaak.