Dr Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Sondagaand die jongste Covid-19-statistiek vir Suid-Afrika bekend gemaak.
Lees meerAlles vir Sondag 10 Mei 2020
Covid-19-samevatting: Vreemde kindersiekte in NY; betogings in Duitsland, Israel
Nog twee kinders in New York is dood weens ʼn tipe “toksieseskoksindroom” siekte wat dokters vermoed moontlik met die koronavirus-pandemie verband hou.
Nuusflits oor die toekoms van nuus
Verandering en aanpassing gaan die nuwe konstante wees vir die medialandskap van die toekoms. Inligting gaan al hoe minder gedruk word, en meer op aanlyn platforms en sosiale media gedeel word, waar dit met propaganda en fopnuus sal moet meeding.
Versuim om masker te dra nié ’n misdryf – kenners
Hoewel die afsonderingsregulasies bepaal dat Suid-Afrikaners maskers in die openbaar moet dra, mag die oortreding daarvan nie gestraf word nie.
Boekvoorlesing: Vroue van die Bybel 2
“Kyk op, kyk rond en besef dat hierdie lewe nie net oor jou en jou eie behoeftes gaan nie,” sê Esté Geldenhuys, skrywer van “Vroue van die Bybel 2”. Luister hier ʼn spesiale voorlesing en Moedersdag-boodskap.
Limpopo se skoolbestuurspanne moenie aanmeld nie
Die departement van onderwys in Limpopo het Sondag skoolbestuurspanne in die provinsie versoek om nie Maandag aan te meld vir diens nie.
Werkgewers gewaarsku wat WVF-voordele weerhou
Thulas Nxesi, die minister van indiensneming en arbeid, het werkgewers gewaarsku wat WVF-terugbetalings ontvang het, maar nie die geld aan personeellede oordra nie.
Straatverkopers wil betoog teen afsondering
Straatverkopers gaan Maandag in die strate van Johannesburg vergader in opstand teen afsonderingsmaatreëls.
Werkers óók benadeel as hulp vir wittes geweier word
“En nou, die een keer wanneer mens op die knoppie moet druk vir hulp, word dit geweier.”
Terugkeer na vlak 5 sal ‘katastrofiese humanitêre krisis’ beteken
“Dit is hierdie tipe onverantwoordelike denke wat bewys dat die ANC nie bekwaam is om die realiteit te begryp nie. Die ANC doen alles wat mense nie wil hê nie en dit laat die vraag ontstaan: Namens wie tree die ANC in die Wes-Kaap eintlik op?”
Nuwe krisis, dieselfde ANC
Dit word al meer duidelik dat die ANC-regering besig is om die Covid-19-krisis in ’n omvangryke menslike ramp te omskep, skryf Flip Buys.
Die Saterdag toe Suidoos-Transvaal die WP laat bloos het
Draai die horlosie terug na 4 Junie 1983 toe Suidoos-Transvaal die Westelike Provinsie met 24-19 in die Lionbeker-reeks geklop het. Dit sal steeds in die annale van Suidoos-Transvaal en later die Pumas as hul roemrykste oorwinning bekend staan.
DA monitor bystand aan gestrande SA’ners
Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê hy sal die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) se ondersteuning aan gestrande Suid-Afrikaners oorsee monitor.
UFC sorg vir rateltaai gevegte ten spyte van Covid-19-geval
“Hierdie is ’n ongelooflike geveg, as daar toeskouers was sou hulle nou dié twee staande toegejuig het. Tony Ferguson is seker die taaiste persoon ter wêreld!” het ’n opgewonde Joe Rogan vanuit die kommentatorshokkie gesê.
Man by padblokkade glo met R4 miljoen se dwelms betrap
ʼn 56-jarige man van Johannesburg is tydens ʼn padblokkade in Calvinia in die Noord-Kaap in hegtenis geneem toe hy met dwelmmiddels met ʼn straatwaarde van byna R4 miljoen betrap is.
Varkgriep-uitbreking in Oos-Kaap bevestig
Thoko Didiza, die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het ʼn uitbreking van varkgriep (ASF) by die Amathole-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap bevestig.
Ruk-en-rol-legende Little Richard oorlede
Die ruk-en-rol-legende Little Richard, wat bekend is vir sy liedjies “Tutti Frutti” en “Good Golly, Miss Molly”, is in die ouderdom van 87 oorlede.
Vrou sterf tydens aanval by hul huis in PE
Martha Snyman (83) het gesterf ná sy en haar man, David Snyman (76), Saterdagoggend by hul huis in Rowallanpark in Port Elizabeth aangeval is.
Moontlike korrupsie met kwarantynfasiliteite onthul
Die minister van openbare werke en infrastruktuur ondersoek ʼn “slenter” waar departementele beamptes reisigers na terreine skuif wat nie goedgekeur is vir kwarantyn nie en die geld wat vir hotelle geoormerk is, in hul eie sakke druk.
Gedagte vir die dag: “Ons almal”
Christus is ons vrede, Hy wat dié twee, Jode en nie-Jode, een gemaak het. (Efesiërs 2:14)