Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand tydens ʼn toespraak gesê die grootste deel van die land sal vanaf einde Mei na koronavirus-vlak 3 beweeg.
Lees meerAlles vir Woensdag 13 Mei 2020
Video: Volg die president se toespraak hier
Pres. Cyril Ramaphosa sal na verwagting die land Woensdagaand omstreeks 20:30 toespreek.
Kaapstad soek antwoorde oor toerismebedryf
“Volgens die inligting wat ek ontvang het, sal plaaslike reis eers op vlak 2 toegelaat word, wat, blykbaar, eers in November 2020 sal wees.”
TLU SA versoek dat afsonderingsperiode opgehef word
TLU SA het ʼn pleidooi aan president Cyril Ramaphosa gerig om die landwye afsonderingsperiode te lig om die ekonomie te red.
Luister: Griekwagebed – Psalm 42
Luister: Psalm 42, ‘n Griekwagebed, voorgelees deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
Covid-19: Dokter in Noordwes toets positief
ʼn 47-jarige dokter by Mahikeng- provinsiale hospitaal in Noordwes het positief getoets vir Covid-19, het Madoda Sambatha, provinsiale LUR van gesondheid, Woensdag gesê.
Lesotho bevestig eerste Covid-19-geval
Lesotho het Woensdag sy eerste Covid-19-geval bevestig.
Bendelede in die hof oor poging tot moord
Sewe van agt vermeende bendelede het Dinsdag in die Botshabelo-landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklag van poging tot moord.
Wie bestuur die motor? Leierskapstyle in ’n krisis
Volgens betroubare bronne staan Ramaphosa tans sterker in die ANC binnekring. Na buite lyk dit egter nie so nie, skryf dr. Pieter Mulder.
ToekomsVenster: Jesaja vertel van Jesus wat soos ’n takkie uitspruit
Bome herinner aan die genade van God. Dit herinner aan die vrug wat ʼn gewortelde bestaan lewer. Dit herinner aan die vrede wat by God gevind kan word. Dit herinner in die besonder aan die prys wat die Seun van God betaal het sodat ons kan lewe.
Wolkskool op radio: Hulpbronne vir Afrikaans as vak
Jana Terblanche is hoof van GeRAT, die Afrikaansvakvereniging van die SOS, en sy gaan vanmiddag kinders, ouers en onderwysers op die belangrikheid en beskikbaarheid van Afrikaanse hulpbronne wys. Om dit maklik te maak en in 15 minute oor te dra, gebruik sy die akroniem BRON om hierdie konsep te verduidelik.
Talle amptenare van waterwese ‘korrup’
Verskeie amptenare word tans krimineel aangekla, selfs nadat hulle bedank het.
Ouditeur-generaal ‘bekommerd’ oor departement van gesondheid
Die minister van gesondheid moet sy verantwoordelikhede ernstiger opneem.
Afsondering: Ramaphosa spreek SA Woensdagaand toe
DA-leier John Steenhuisen het gevra dat die president die land minstens een keer per week toespreek en dat hy data bekend maak waarop die voortgesette afsondering gegrond word.
Moet ons as burgers die staat van inperking nog ondersteun?
Is hierdie maatreëls werklik ter bekamping van die virus, of is dit bloot die uitvloeisel van ʼn regering wat sekere ideale koester?
Die wêreld in foto’s – 13 Mei 2020
Só lyk Brugge, ʼn stad in België, sedert die afsonderingstydperk gedeeltelike opgehef is.
Gautrein besluit oor tariefverhogings
Gautrein het dié besluit geneem omdat daar nog nie akkurate inligting oor die opheffing van die afsonderingsregulasies is nie.
Video: White trek ook vir Aplon nader
“Jake het ’n ongelooflike visie en plan vir die span; ek is geëerd dat hy my by sy planne betrek het.”
Bylsma-vonnis waarskynlik uitgestel
Xander Bylsma vier dié week sy 21ste verjaarsdag in die tronk.
Regstreekse uitsending: “Tuisskool” – Hoe oorleef ons (en ons kinders) dit?
Regstreekse uitsending: Derduisende ouers landswyd bevind hulself skielik in ʼn situasie waar hulle tuis hul kind se onderwyser moet wees. Om ouers met dié uitdaging te help, het Maroela Media die hulp van ʼn kundige ingeroep. Volg die regstreekse uitsending van hierdie gesprek Woensdag, 13 Mei 2020 om 15:00 op Maroela Media se Facebook-blad of webwerf.