Die ambassade het egter geen woord gerep oor mediaberigte dat 27 lede van dié groep intussen positief getoets het vir die nuwe koronavirus nie.
Alles vir Donderdag 14 Mei 2020
Grendelpret en lekker lag
Dis so lekker hier in onse Tehuis waar woonstel- en kamerbewoners ongehinderd oor en weer mag kuier. Ons sit nie op mekaar se skote nie en kom die reëls na. Dis daar waar die grappe uitgeryg word en toeka se dae se stories vertel en óórvertel word. En as onder in die gang gelag word, wil dié wat bo in die gang is weet waarvoor daar so lekker gelag word.
Ruimteman help bou aan toetstoestel vir Covid-19
Die toestel kan nié net vasstel of ’n pasiënt die virus onder lede het nie, maar ook hoe aansteeklik die betrokke pasiënt is.
Stryd oor voedselhulp duur voort
Uit desperaatheid het die sentrum ʼn plakkaat voor die hek opgeplak wat vra dat behoeftiges die departement van maatskaplike ontwikkeling vir ʼn maaltyd gaan vra.
Boek-uittreksel: Bloedsteen
“Storm voel asof sy ook deur ’n sneltrein getref is. Nie ’n enkele gedagte gaan deur haar kop nie. Haar brein het botstil gaan staan. ’n Bol watte agter haar voorkop.”
Skrum, skrum, skrum – en die grondslag is gelê
Daar is sekere dinge in rugby wat nooit sal verander nie, soos daardie eerste skrum. Jy kan nog met ʼn swak lynstaan wegkom, want jou haker kon die bal skewerig ingegooi het.
Die winter is (amper) hier
ʼn Koue front het groot dele van die land Donderdag laat bibber.
Vandag se sportnuus
Faf verwelkom kompetisie om die nommernege-trui.
Minister swaai om oor verbod op voedselverspreiding
’n Konsep van die beplande verbod bepaal dat geen gaargemaakte kos onder behoeftiges versprei mag word nie.
Nuuskommentaar: Watter keuses gaan Ramaphosa maak?
Saakmakende instansies het dit bykans eens dat die landwye afsondering weens die verklaarde ramptoestand sy doel gedien het en ter wille van die ekonomie opgelos moet word.
Resep: Groente-sosaties
Hierdie sosaties word heerlik oor die kole gebraai.
Regsaksie dreig oor doodskis-2 se parool
“Sy mediese toestand maak hom kwesbaar vir die virus aangesien hy reeds aan ʼn respiratoriese toestand ly.”
Boek: Liefdesromans vir jou boekrak
Tosca de Villiers meen sy skryf nie soetsappige liefdesverhale nie, maar gee aan haar heldinne die eienskappe wat sy in vroue waardeer. “Emma se somer” en “Maryke se sprokie” is tot einde Mei gratis op Amazon Unlimited beskikbaar.
Wat weet jy van sistiese fibrose?
“Alle kinders het hul eie uitdagings en ouers van kinders met SF voel dat hulle misluk indien hulle nie toesien dat kinders genoeg en reg eet nie.”
Covid-19-statistiek: Meeste nuwe gevalle in dié provinsie aangemeld
Altesaam 386 352 toetse vir die koronavirus is tot op hede uitgevoer.
Valke slaan toe op perlemoen-verwerkingsaanleg
Perlemoen van byna R1 miljoen is by die aanleg aangetref.
Afsondering: ‘SA kan nie tot einde Mei wag’
“Einde Mei is doodeenvoudig te laat,” meen ʼn kenner van die ekonomie.
Gedagte vir die dag: Opdrag
Toe het Hy hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak. (Lukas 9:2)