Die rowers het hom glo in ʼn slaapkamer gedwing om al sy klere uit te trek waarna hulle foto’s van hom geneem het.
Alles vir Dinsdag 19 Mei 2020
Video: Jong Amerikaanse atletieksensasie laat oë weer rek
En om 80 plastiekkoppies in perspektief te plaas: Dit is ’n sprong van 7,11 m wat hy met gemak regkry.
Insekte gebruik vir antibiotika, velprodukte
Insekte kan selfs gebruik word vir die ontwikkeling van akneeverwante behandeling.
Skietstilstand terwyl bendes op Vlakte kos versprei
Die trauma wat dié bendes dekades lank in gemeenskappe veroorsaak, gaan egter nie vergeet word danksy ʼn paar brode nie, sê wetstoepassers.
Misdaad daal in Kaapstad weens Covid-19
Sedert die instel van die landwye afsondering het die stad slegs vyf rooftogte aangemeld en ʼn aansienlike daling in diefstal uit motors waargeneem.
Fairy Heatlie kies die groen truie van die nasionale rugbyspan
As kaptein kon Heatlie die truie gekies het waarin Suid-Afrika gespeel het en hy het op donkergroen besluit, wat die kleure van sy skool/klub, Old Diocecans, was.
Boek: Oupa Zombie
Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reisprogramme op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor … BREIIINNNSSS! Is hy dalk besig om in ’n zombie te verander? Lees meer oor Jaco Jacobs se jongste boek “Oupa Zombie”.
Resep: Dadel-yskaskoek
Die kombinasie van dadels en malvalekkers is hemels!
Vandag se sportnuus
Internasionale Krieketraad sê Donald en Pollock was van die beste boulvennootskappe ooit.
Trump dreig om geld aan WGO permanent te staak
Die Amerikaanse president sê die WGO is ʼn “handpop van China”.
Christia se lied vir verloofde draai op Top-20
Die sangeres het die liedjie spesiaal geskryf vir haar aanstaande en wou dit speel terwyl sy na die kansel stap.
Luister: Sanger voltooi lied tien jaar ná pa se dood
“Die idee wat ek wou vasvang, is ʼn gesprek tussen iemand wat reeds oorlede is en iemand wat steeds lewe. Vir mý gaan dit oor hoe ek dink my pa dalk met my sou wou praat.”
WesBank kap terug oor terugneem van voertuie
Die bank sê die terugneem van ʼn voertuig bly sy heel laaste uitweg.
Afsondering: ACDP waarsku oor misdaadrekord vir oortredings
Swart sê daar is ʼn wydverspreide gevoel dat sommige bepalings “irrasioneel” is. Dit sluit in die aandklokreël wat geld, asook die beperkings op oefening en handel.
Covid-19-statistieke: Nóg talle in SA sterf
Die meeste sterfgevalle in dié stadium is mans en meer as 68% van slagoffers is tussen 50 en 79 jaar oud.
Gedagte vir die dag: Ons plannetjies
Sê tog maar jy is my suster dat dit met my goed kan gaan oor jou, en my lewe deur jou toedoen gespaar word. (Genesis 12:13)