“Die Virsekerbeker is Suid-Afrika se oudste skolerugbytoernooi en vier vanjaar sy honderdste bestaansjaar. Hierdie spesiale mylpaal het ons besluit baie moeilik gemaak.”
Alles vir Woensdag 20 Mei 2020
Luister: Christia Visser se liefdeslied aan verloofde
Christia Visser sou verlede maand getrou het, maar soos soveel ander bruide moes haar troue uitgestel word tot ná die afsonderingstydperk. Haar jongste liedjie, “Kaal voor jou”, het sy geskryf om op die paadjie na die kansel af te stap.
Internasionale druk as wapen teen rassisme en stommiteite in SA
Dit lyk inderwaarheid asof die regering vas van plan is om met juis sulke wette en ideologieë te volhard en ’n misoes te waarborg.
SA’ners op vasteland gestrand weens vertraagde repatriasievlug
“Die onsekerheid is geweldig frustrerend. Hulle is nie besig om ons ʼn guns te doen nie. Hierdie is ʼn saketransaksie wat hulle moet nakom.”
Omstrede Armstrong maak skokonthullings in dokumentêr
Armstrong, nou 48 jaar oud, het die verbeelding van die fietsrywêreld aangegryp toe hy sewe agtereenvolgende Tour de France-titels tussen 1999 en 2005 gewen het.
Luister in 3 minute: Eskom verhaal nog geld en herrie in parlement
Hier is die drie sake wat in die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek word: Eskom verhaal nog geld van verbruikers, rassemaatreëls oor Covid-19-hulp lei tot herrie in parlement, en Sakeliga-peiling dui op die skadelike impak van Covid-19-inperking.
#JongStemme: ʼn Gids tot skeptisisme
Die sleutel tot werklike onafhanklikheid vir my lê nie in wat ons dink nie. Dit lê in hóé ons dink, skryf Rynhard van Zijl, ’n eerstejaarstudent aan die NWU.
Bekende evangelis sterf
Ravi Zacharias het meer as 25 Christenboeke gepubliseer en geredigeer.
Geen vlugkaartjie nodig om vanjaar se Chelsea-blommeskou te sien
Die immergewilde Chelsea -blommeskou wat jaarliks in Londen gehou word, is vanjaar as gevolg van internasionale inperkings virtueel te sien.
Vierpotige op pad na nuwe ma ‘gekaap’
Die bestuurder het by die kapers gepleit om die hondjie vir hom te gee, maar hulle het geweier.
Podlitiek: SAL-sakeredding flop, dr. Gray opsy geskop en Covid-litigasie hoop op
In ’n kort en kragtige episode kyk die Podlitiek-span na drie stories: Hoe SAL se sakereddingproses een kolossale mislukking blyk te wees, hoe gesaghebbende kenners se menings rakende Covid-19 opsy geskuif word, en hoe litigasie rakende die pandemie in Suid-Afrika besig is om op te hoop.
Ruimtenuus: Meer mens dalk al deur meteoriete getref
Wetenskaplikes reik klankopnames van die ruimte uit en verduidelik of jy in die Melkweg kan inloop. Meer mense is dalk al ook deur meteoriete getref as wat ons dink. Maroela Media bring vir jou ’n versameling van berigte oor die jongste ruimtenuus:
Pienaar, Smit en Kolisi praat oor Wêreldbeker-dinge
“Dit is ongelooflik en ek het nooit in my wildste drome gedink dat die Wêreldbeker so ʼn groot invloed op ons land sou hê nie.”
Swaar reën ure voor supersikloon Amphan
’n Nuwe studie wys boonop dat tropiese storms al sterker word.
Boekvoorlesing: Die Wonderwese
Sedert Eron Verberger en Velvel Azazel se gewelddadige struweling in die Vallei van Bergstrome het omstandighede in Gabriëllië geensins verbeter nie. Carina Stander lees ʼn gedeelte uit die tweede boek in haar Bergengel-trilogie voor. Luister hier na “Die Wonderwese”.
Vergaderings oor vlak 3 duur voort
“Die president het sedert die begin van die Covid-19-pandemie ’n reeks vergaderings en besprekings met leiers in verskillende sektore van die samelewing gehou om te verseker dat die nasionale poging om die krisis te bekamp inklusief is en die steun van alle belangegroepe geniet.”
Boek: Die nag ruik na spoed
Wetenskapfiksie-vrate sal verheug wees oor Schalk Schoombie se jongste kortverhaalbundel. “Die nag ruik na spoed” bevat ʼn goeie dosis innovering, spanning en ʼn paar verrassingselemente.
Berugte transitorower in hof
Dié rower was glo betrokke by transitorooftogte in 2017 en 2018 in die Sabie- en Nelspruit-omgewing.
Rugbybroers met wie jy nie skoor gesoek het
Daar word vertel hoe Ollie le Roux, net voordat hy sy buiging vir die Vrystaat gemaak het, teen Bester moes sak.
Eerste vrouemoderator van Algemene Sinode sterf
Plaatjies-Van Huffel was ’n professor in ekklesiologie aan die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch.