Kom luister saam na ‘n Griekwagebed, “Die goeie geslag”, voorgelees deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
Lees meerAlles vir Vrydag 22 Mei 2020
Nuwe burgemeester vir George
Hy is weens die algehele afsonderingsregulasies in ʼn aanlyn raadsvergadering verkies.
Poskantoor Maandag weer volstoom vorentoe
Items wat weens die afsonderingstydperk opgehoop het, behoort binne die volgende drie weke afgelewer te word.
Covid-19-statistieke: SA steek 20 000-kerf verby
Die Wes-Kaap het intussen meer as R1 miljard beskikbaar gestel in sy stryd teen die Covid-19-pandemie.
Amptenare verbied om konsepregulasies oor verspreiding van kos af te dwing
Die verspreiding van voedselhulp aan behoeftiges is nou vir minstens die volgende maand veilig totdat die saak aangehoor word.
Afsondering: ‘Nog net 10’ ontvang spesiale R350-toelaag
Sassa kon ná drie weke nog nie meer as dié tien spesiale toelae uitbetaal nie.
Woede oor ‘voorstel’ dat sigaretverbod tot op vlak 1 voortduur
Minister Nkosazana Dlamini-Zuma voer glo aan dit gaan ʼn té groot gesondheidsrisiko wees om op vlak 3 van die afsonderingsregulasies die verbod op die verkoop van drank en sigarette op te hef.
ToekomsVenster: God is Vader
Kom sit vandag by jou Hemelse Vader?
Afsondering: Virussyfers ‘weerspieël’ gebiede waar regulasies oortree word
Nagenoeg 230 000 mense is sedert die aanvang van die afsonderingsregulasies in hegtenis geneem, terwyl misdaadsindikate gapings in die mark – soos met die onwettige verkoop van drank en sigarette – uitbuit.
ATKV-Mediaveertjies 2020, wenners aanlyn bekendgemaak
Die wenners van die ATKV-mediaveertjies is vanjaar aanlyn bekendgemaak. Nic de Jager en Margot Luyt, albei veteraan radio-omroepers, is met toekennings vir hul lewensbydrae tot Afrikaans vereer.
Inperking: Neem ’n renoster aan en help met bewaring
Renosters loop in die afsonderingstydperk ʼn groter risiko om onder stropers deur te loop, maar die grootste bedreiging vir private renostereienaars tans is sekerlik die verlies aan inkomste omdat die toerismebedryf tot stilstand geruk is. Jy kan nou ‘n renoster aanneem en só help in die stryd teen renosterstropery.
Wolkskool op radio: Leierskapontwikkeling in die laerskool
Louis Dekker, hoof van Laerskool Wierdapark, sê hy glo ʼn leerderraad op laerskoolvlak is belangrik omdat dit kinders leer om sekere lewensvaardighede aan te pak.
Motoris gesoek ná ‘rower’ se skietdood
Een van die mans het tot by die motorvenster van die bestuurder geloop en daarop aangedring dat die bestuurder sy venster oopmaak.
Herrie oor Mej. SA-hoopvol se twiets
ʼn Model is haar kontrak en hoop om eendag die Mej. Suid-Afrika kroon te dra kwyt nadat sy onder hewige kritiek deurgeloop het vir ou twiets, wat as rassisties bestempel is, wat weer aan die lig gekom het.
DA in hof oor regulasies wat voedselhulp beheer
“Enigeen wat glo die departement van maatskaplike ontwikkeling kan binne twee weke ʼn landwye netwerk op die been bring om miljoene mense te voed, is onder ʼn wanindruk.”
Klerelys glo deur handelaars en nié Patel opgestel
Die veelbesproke lys van klere wat tans deur Suid-Afrikaners in die grendelstaat gedra mag word, is glo deur klerehandelaars en klerevervaardigers opgestel en nie deur die minister van handel en nywerheid of deur die regering nie.
Winter staan White in Pretoria by
“Ek het gesien hoe Russell van krag tot krag gaan; eers as speler en nou as afrigter.”
Koleos in die kol in dié segment
Die Koleos is maklik om op te som. Dit is veral sy prys wat in sy guns tel, skryf Brendon Staniforth.
Passasiersvliegtuig stort in woonbuurt neer
Beeldmateriaal is op plaaslike televisiestasies uitgesaai wat wys hoe die vliegtuig laag oor ʼn woonbuurt vlieg voordat daar vlamme uit een van die enjins skiet.
Só maak jy met jou ongebruikte Comair-vliegkaartjie
Comair, die redery wat British Airways en Kulula in Suid-Afrika bedryf, is onlangs in sakeredding geplaas.