Kinders is altyd op soek na iets om te eet – of hulle nou vir die eksamen leer, ʼn fliek kyk of net verveeld is by die huis.
Alles vir Dinsdag 2 Junie 2020
Video: Dr. Danny Titus tree af, só gegroet
Die ATKV groet dr. Danny Titus, uitvoerende direkteur van korporatiewe aangeleenthede, ná 12 jaar. Kyk hier na kollegas en ander belanghebbendes se afskeidsboodskap aan hom.
Uitdrukking: Die nuutste snuffie
Wat op aarde is “die jongste snuffie”? Taaltoffie stel ondersoek in
Vroeggebore tweeling vier eerste verjaarsdag in hospitaal
“Dit is ons norm,” vertel ma oor jaar van hospitaalbehandeling.
Lesersbrief: ’n Oop Gesprek
Soos selde in die verlede het die volk (kan ons nog sê “ons volk”?) werklike leiers nodig, skryf Tobie Hart.
Meer as 100 olifante in vreemde omstandighede dood
Aanvanklik is gedink die diere is weens ʼn miltsiekte dood.
F1-enjins begin dán weer brul!
Die openingsrondes sal agter geslote deure aangebied word, maar daar word gehoop dat toeskouers wel binnekort toegelaat sal word.
Oorsigresensie: Spanningsfiksie op sy beste
Ons Afrikaanse skrywers van spanningfiksie wéét hoe om lesers op die puntjie van hulle stoele te hou terwyl hul lustig naels kou.
Duidelikheid dringend nodig oor geloofsbyeenkomste
Een van die kwessies waaroor verwarring heers, is of ʼn kerkdiens of selgroep wat by iemand se huis gehou word wel aanvaarbaar is.
Geitjie se kamoefleervernuf laat internet verstom
“Die beste kamoeflering wat ek nog ooit gesien het!”
Dokter van Tulbagh vermoor
Die polisie het reeds ’n persoon van belang ondervra.
Rasseharmonie in VSA tot breekpunt gedryf
Die omvang van die geweld wat op die voorval gevolg het, kan egter nooit geregverdig word nie en ernstige vrae moet gevra word oor wat in die VSA verkeerd is, skryf Jaco Kleynhans.
Beskermingstoerusting vir KZN-skole ‘verdwyn’
Die toerusting was onderweg na skole in die Pinetown- en Zululand-distrik.
Muurklimmers wil regulasie-hindernis oorkom
“Vandat die staat van inperking aangekondig is, het ons inkomste met meer as 96% geval.”
Honda se veeldoelige voertuie die beste?
Die Honda BR-V gaan nie jou beursie knak nie en sal vir jare en jare hou, skryf Brendon Staniforth.
Dis wanneer gr. 1’s en gr. 2’s mag terugkeer skool toe
Die departement het ook nou gesê skole wat vroeër meer grade kan inneem, mag dit doen.
George Floyd: Nadoodse ondersoek bekend; Trump maak stem dik
“As ’n stad of staat weier om die nodige stappe te doen … dan sal ek die Amerikaanse weermag ontplooi en die probleem vinnig vir hulle oplos.”
Covid-19: Vasbyt of vrees?
Baie wetenskaplikes meen nie net dat Covid-19 gekom het om te bly nie, maar dat dit ná ’n verwagte afplatting selfs in ’n baie groter golf gaan toeslaan.
Bittereinder van Brandvlei kies die soet in die lewe
“Ek dwing myself dikwels om van my rusbank af op te staan en buite my gemaksone te dink. En wanneer die droogte ons gemoedere hier op die plaas stom maak, ontvlug ek in my kop na my deegkursusse wat ek wintertye aanbied; na my nougat-resep se verhouding tussen suiker en glukose wat nog aanpassings vra.”
DA wil hof toe oor haarkappers
Dlamini-Zuma moet teen Woensdagmiddag 14:00 op die brief reageer.