Kom luister saam na ‘n Griekwagebed, voorgelees deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
Lees meerAlles vir Sondag 14 Junie 2020
Skrywer Elsa Joubert oorlede
Die bekroonde skrywer Elsa Joubert is Sondag in die ouderdom van 97 oorlede.
Covid-19: Munisipale geboue in Pta tydelik gesluit
Stad Tshwane het gesê drie van sy geboue sal vir vier werksdae, van 15 Junie tot 18 Junie, gesluit wees ná personeellede positief getoets het vir Covid-19.
Meer as 100 vas tydens #BlackLivesMatter-betogings in Londen
Meer as 100 persone is in hegtenis geneem tydens Black Lives Matter-betogings Saterdag in Londen.
Vermeende gewapende rower op Seinheuwel in Kaapstad aangekeer
ʼn Vermeende gewapende rower is op Seinheuwel in Kaapstad in hegtenis geneem, net ʼn paar uur ná twee persone van hul besittings beroof is, het die polisie in die Wes-Kaap Sondag gesê
Vier sterf in Rustenburg-ongeluk
Vier persone het noodlottige beserings opgedoen in ʼn ongeluk op die R510 tussen Rustenburg en Mogwase in Noordwes.
Minstens 14 polisiebeamptes reeds dood weens Covid-19
Genl. Bheki Cele, die minister van polisie, het aangekondig minstens 14 polisiebeamptes is reeds dood weens Covid-19. Altesaam 1 685 lede het tot dusver positief getoets.
Raad vir eiendomsagente bevestig vlak 3-riglyne
Die Raad vir Eiendomsagentskapsake (EAAB) het ʼn stel riglyne gepubliseer om werkgewers, werknemers en die publiek in kennis te stel hoe sake veilig gedoen kan word tydens die Covid-19-pandemie.
Jan van Tonder: Sy romans word óf voorgeskrewe werk óf ’n topfliek
“Die verevrou” is Jan van Tonder se eerste boek in ses jaar en losweg gebaseer op die meesterpluimbereider, Luisa Pappalardo, wat haarself meer as 20 jaar gelede voor die Oudtshoorn polisiestasie doodgeskiet het. Maryke Roberts het met hom gesels.
Musiekster om dop te hou: Hanru Niemand
Hanru Niemand is ʼn veelsydige Afrikaanse sanger en liedjieskrywer van die Boland, waar hy bedags ook as sielkundige praktiseer.
Soektog na ontvoerde ma eindig tragies
Nosipho Sidabuka (51), wat in Qumbu in die Oos-Kaap ontvoer is, se liggaam is Saterdagmiddag laat gevind.
Mantashe swyg oor dieseltekorte, sê DA
Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê dit is duidelik dat die situasie rondom die beskikbaarheid van diesel in die land vererger, en hy is besorg oor die gebrek aan reaksie van Gwede Mantashe, die minister van minerale hulpbronne, sy departement en die parlement.
SA ekonomie stort ineen tot onder 2008/09-krisisvlakke
Suid-Afrika is tans veel slegter daaraan toe as wat die geval was tydens die ekonomiese krisis van die laat 2000’s, sê die sakegroep Sakeliga.
Droogte: Boere in Gamtoosvallei op hul knieë
Byna die helfte van plaaswerkers kan dalk afgelê word.
Voortrekkers stel korona-kenteken vir jeuglede bekend
Die Voortrekkers het te midde van die Covid-19-pandemie ʼn splinternuwe kenteken vir virusweerbaarmaking bekendgestel. Lees hier wat dr. Danie Langner, hoofleier van die Voortrekkers, daaroor sê.
Video: Die man met die diereklanke in sy mond
William Jafta (34) van die Paarl in die Wes-Kaap vermaak enigiemand wat hom teëkom en laat sosialemediagebruikers verstom met al die diere wat hy kan naboots.
Thailand toets vlermuise vir koronavirus
Navorsers in Thailand het meer as 100 vlermuise in ʼn grot in die ooste van die land gevang om hulle vir die koronavirus te toets.
Covid-19: Lesufi toets negatief; skool gesluit
Die Gautengse departement van onderwys het in ʼn verklaring bevestig dat Panyaza Lesufi, provinsiale LUR vir onderwys, negatief getoets het vir Covid-19.
Video: Blou Barrett sommer deel van ’Canes-feesviering
Dié oomblik het gewys dat die kleur van jou trui nie soveel saak maak nie, maar wél dat die voorreg om rugby voor ’n volgepakte stadion te midde van die Covid-19-era met ’n destydse Mastercard-advertensie vergelyk kan word: priceless soos die Engelsman sou sê.
Bokke kies losvoorspelers, Leeus kies slotte
Die Springbokrugbykeurders, en deesdae die hoofafrigter, het sedert die einde van die Eerste Wêreldoorlog nog altyd ʼn voorkeur vir losvoorspelers gehad wanneer hulle op ʼn kaptein besluit het, maar die Leeus-keurders het ʼn sagte plekkie vir slotte.