Nog 32 sterftes weens Covid-19 is bevestig.
Lees meerAlles vir Saterdag 20 Junie 2020
Beurtkrag vir dele van Gauteng ingestel
Eskom sê hy moet beurtkrag instel om die skade aan infrastruktuur te beperk, asook om sy bates én die gemeenskap te beskerm.
Een dood, ses beseer in ongeluk buite Heidelberg
Drie van die beseerdes was kinders.
Amerikaanse betogers brand standbeeld van konfederale generaal
Verskeie standbeelde is die afgelope paar weke in betogings beskadig.
Kommer oor moorde op private veiligheidswagte
Altesaam 16 veiligheidsbeamptes is sedert Januarie in die uitvoering van hul pligte vermoor.
Brics-bank keur lening van R17 miljard aan SA goed
Die program is daarop gemik om Suid-Afrika te steun in sy pogings om die verspreiding van Covid-19 te bekamp en die menslike, maatskaplike en ekonomiese verliese wat die uitbreking veroorsaak het, te beheer.
Miljoene rande se Covid-hulp beland in ‘verkeerde rekening’
Die aanvanklike ondersoek dui daarop dat van die geld dadelik na ander bankrekeninge oorgedra is en daarna wéér uitbetaal is.
Sea Harvest-aanleg gesluit weens nienakoming van Covid-19-regulasies
Die departement het gesê dit is kommerwekkend dat “sommige van die grootste rolspelers in die ekonomie” nie voldoen aan Covid-19-regulasies nie.
Private skole kan leerders nie net uitskop – hof
Dié uitspraak het ʼn wyer uitwerking op die regte van leerders by onafhanklike skole.
Man vas ná moord op Nieu-Seelandse polisielid
Nieu-Seelandse polisielede is as ʼn reël nie gewapen nie en dit is die eerste keer in 11 jaar dat ʼn polisiebeampte doodgeskiet word.
WVF betaal bykans R6 miljard se eise
Die grootste bekommernis nou is die aantal werksgeleenthede wat verlore gaan en die uitwerking daarvan op die toekomstige likiditeit van die fonds.
Covid-19: Gesondheidsdepartement reik riglyne uit vir gebruik van deksametasoon
“Ons gaan dus voort om riglyne vas te stel vir die gebruik van deksametasoon vir gebruik in al ons fasiliteite vir uiters siek Covid-19-pasiënte.”
Small gee Lomu en die All Blacks bloedneus
Oral waar jy gegaan het, was net een vraag op almal se lippe: Hoe gaan die Bokke hom in die eindstryd op Ellispark keer?
#JongStemme: Ons kry toe ekstra tyd
Moenie my verkeerd verstaan nie. Om matriek van die huis af te doen, is beslis nie grappies nie, maar as daar een ding is wat ek geleer het tydens die inperking, is dit dat tyd die kosbaarste geskenk is wat ’n mens ooit sal ontvang.
Twee vas vir Putfontein-moorde
Johanco Fleischman en Jess Kuhn is in Mei verlede jaar op Putfonteinweg in Benoni doodgeskiet.
Foxx bult sy spiere vir Tyson-fliek
“Ek belowe jou, mense gaan verby my in die straat stap en dink ek is Mike Tyson.”
Kommer oor grondbesettings
“Die arrogansie waarmee die grondgrypers hierdie misdade pleeg, is vreesaanjaend.”
Parlement wil weer dink oor Mkhwebane-plan
Nadat adv. Busisiwe Mkhwebane vrae moes beantwoord oor die nodige goedkeuring, het dit egter gou duidelik geword dat sy oënskynlik ʼn paar kortpaaie gevat het.
SA moordverdagte sewe jaar later in Brasilië vas
Vier dae voordat sy verhoor in Mei 2013 vir die moord op Andrea Venter moes begin, het Jansen van Vuuren met ʼn vals paspoort uit die land gevlug.
Covid-19-statistieke: Meer as 3 800 toets ook positief
In dié stadium is die sterftekoers 2,1% van diegene wat die siekte opdoen.