Die EFF sê taxibase se besluit om taxi’s voortaan vol te laai, kan die land se hele werksmag aan Covid-19 blootstel.
Alles vir Maandag 29 Junie 2020
DA slaan links en regs vure dood
Die jongste omstredenheid volg op ʼn rits aansprake deur Zille aangaande oudpres. FW de Klerk, die ANC, apartheid en rassediskriminasie.
Geen rus vir parlement met nuwe begroting
Die Nasionale Vergadering se programkomitee het vir alle praktiese doeleindes die winterreses opgeskort en tot slegs ʼn week verkort.
Ontsluit jou toekoms in die media- of kommunikasiebedryf
Studente wat BA Kommunikasie en Joernalistiek by Akademia studeer, sal nie net gelei word om hierdie basiese vaardighede te ontwikkel nie; hulle sal ook goed kan funksioneer in ʼn digitale omgewing en verantwoordelik, sinvol en doelgerig binne bepaalde kontekste met digitale media kan omgaan.
Woord: kriewelkrappers
Kry jy soms die kriewelkrappers? Taaltoffie ondersoek dié interessante woord
S-Presso staan kop en skouers bó sy mededingers uit
Tussen die mededingers staan die S-Presso kop en skouers bó sy mededingers uit om twee redes. Ek kan aan geen rede dink hoekom ʼn mens nié een sou koop as jy in die mark is nie, skryf Brendon Staniforth.
Kevin Pietersen word 40
Die woordjie “as” word dikwels met verbrande hout vergelyk, maar dink net as hy in Suid-Afrika gebly het: ’n Kolforde van Smith, Amla, Kallis, De Villiers en Pietersen sou enige opposisie-span se boulaanval oorheers het.
Nasa-parfuum: Ruik self die buitenste ruimte!
Ruimtevaarders beskryf die reuk van die ruimte as “ʼn mengsel buskruit, braaivleis, frambose en rum”.
Nog SA lughawens heropen
Nog sewe Suid-Afrikaanse lughawens sal Woensdag heropen terwyl alle internasionale passasiersvlugte steeds verbied word.
UV se studenteraad sê ‘Kovsies’ moet waai
Volgens die studenteraad word dié term met ’n koloniale geskiedenis verbind.
Ramaphosa: Staak ‘stigmatisering’ van Covid-19-pasiënte
Ramaphosa sê die stigmatisering word veroorsaak deur onkunde en vrees om self die siekte op te doen – ʼn vrees wat nie ongegrond is nie.
Verbruikersake: As dit te goed is om waar te wees
Wat is ʼn piramideskema? Ina Opperman verduidelik en waarsku dat enigiemand wat by ʼn piramideskema betrokke is in die moeilikheid kan beland.
Jeug op fietse help bejaardes tydens afsondering
’n Student het ʼn sakeonderneming begin wat bejaardes help met hul inkopies tydens afsondering, en waarby die jeug van Langa terselfdertyd baat vind.
SA gholfspeler toets positief vir Covid-19
“Ek ervaar tans geen probleme nie en ek voel fisiek baie goed. Ek was verbaas en teleurgesteld toe ek my toetsuitslag sien.”
Covid-19: ‘Virus-voosheid’ gaan in stygende getalle gesien word
Daar was die afgelope ruk ook groot kommer oor die toename in getalle by skole.
Deurbraak ná ma ontvoer, vermoor is
Die vrou se eksman en ‘n polisiebeampte is onder meer in hegtenis geneem.
Foto’s: Jacaranda FM se e-konsert samel duisende in
“Goeie musiek en die ondersteuning van sake wat ons gemeenskap raak staan bo-aan Jacaranda FM se doenlys. Dit was ʼn voorreg om die twee te verenig om nie net te vermaak nie, maar ook ʼn helpende hand te kan gee waar dit die nodigste is.”
Boek: Die eekhorings kry stry
“Die eekhorings kry stry” is ’n boek met rympies oor mededeelsaamheid en om saam met ’n vriend oor enigiets te kan skaterlag. Dit is geskik vir kinders van drie tot nege jaar.
Covid-19: Nog meer gevalle in tronke
Nog 56 korrektiewe beamptes het sedert Saterdag positief vir Covid-19 getoets.
Restaurante wil binne 7 dae drank bedien
“Suid-Afrikaners het ʼn kultuur van drink saam met etes en deur dit nie toe te laat nie, doen die departement mee aan die inploffing van die bedryf.”