Die Z900 bied baie motorfiets vir die geld en ek sal bitter moeilik kan kies tussen hierdie fietse, skryf Brian Cheyne.
Alles vir Dinsdag 7 Julie 2020
Vervolgverhaal: Roep van die uil (Hoofstuk 7)
Linda kry by Dirk die skokkende nuus dat sy vrou nie regtig haar eie lewe geneem het nie, maar dat hy haar vermoor het …Lees nou die volgende hoofstuk in François Bloemhof se vervolgverhaal, “Roep van die uil”.
Bejaarde laat breinaalde klik ten bate van behoeftiges
“Sy het my gebel en gesê: ‘Ouma, my kindertjies kry koud’.”
Ondersoek ná kleuter glo in isolasiesaal verkrag word
Die gesin se pogings om die beweerde voorval by die polisie aan te meld het in ʼn tweede nagmerrie vir hulle ontaard.
Polisie ondervra nog iemand oor besit van liggaamsdele
Twee verdagtes het reeds Maandag in die hof verskyn.
Resep: Stroperige appelpoeding
Appel, kaneel, gemmer … wat meer soek jy in ʼn winterpoeding?
Gatland kan koppe in Suid-Afrika stamp
Warren Gatland is besig om ʼn regte klakous te word.
Vandag se sportnuus
“Kolisi is ongetwyfeld op die oomblik die invloedrykste man in rugby. Hy is waarskynlik ook die mees visionêre en moedigste,” het Stephen Jones in die Augustus-uitgawe geskryf.
Agt vas vir korrupsie by gesondheidsdepartement
ʼn Werknemer van die departement van binnelandse sake is ook in hegtenis geneem en van korrupsie en bedrog aangekla.
ANC-leiers in sop oor VBS
Dokumente wat dié twee ten nouste koppel aan die geknoei by VBS, is Maandag gepubliseer.
Covid-19-statistieke: Meer as 200 000 toets positief
Meer as 70% van pasiënte in die Wes-Kaap het reeds herstel.
Skape se tog na Midde-Ooste (vir eers) gestuit
Al Mawashi het die hof gevra om ʼn interdik dat die skape nie voor 16 Julie vervoer mag word nie, op te hef.
Gedagte vir die dag: Tel jou kruis op
As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie ek prysgee, julle kruis opneem en agter My aan kom. (Markus 8:34)